AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kontrak álle grane, sonder differensiaal?

‘n Kontrak vir álle grane – sonder 'n vervoerdifferensiaal – wat op Safex verhandel, klink dalk na 'n oplossing vir dié turskvy, meen ? navorser.

“Talle veranderings die afgelope 20 jaar maak vervoerdifferensiale oorbodig en die doeltreffende funksionering van die mark word aan bande gelê.”

Ná die afskaffing van die eenkanaal-bemarkingstelsel vir mielies, koring, oliesade, ens., het Safex grootliks oorgeneem as prysvormingsmeganisme vir heelwat landbou-kommoditeite. Voordat vervoerdifferensiale beoordeel kan word, is dit belangrik om te weet waar dit oorspronklik vandaan kom.

Een van die grondbeginsels wat van die begin van Safex af daar was, is dat fisiese lewering van mielies, koring en later ander produkte, moontlik moes wees. Die rede hiervoor is dat Safex-pryse die werklike marksituasie moes weerspieël, aangesien ‘n fisiese mark en markpryse daarvoor afwesig was. Iemand wat mielies op Safex gekoop het, moes dit kry teen die prys waarvoor hy dit gekoop het. Iemand wat mielies op Safex verkoop het, moes die mielies kon lewer teen die prys waarvoor dit oorspronklik verkoop is.

As fisiese lewering nie deel van Safex was nie, was dit niks anders as ‘n manier om weddenskappe op mielieprys aan te gaan nie. Só ‘n prys sal niks te doen hê met die werklike situasie nie en Safex sou al lankal tot niet gewees het.

Praktiese implikasies

Fisiese lewering het sekere praktiese implikasies. Mielies, koring, ens., word op verskillende plekke geproduseer en dis onmoontlik om alle mielies of koring of wat ook al by dieselfde silo te lewer. Kopers op Safex wil egter weet waar die 100 ton mielies of 50 ton koring is wat hy gekoop het. As die kommoditeit té ver was, kon dit ‘n verlies wees. ‘n Moontlike oplossing sou wees om ‘n Bethlehem mielie- en koringkontrak, 'n Moorreesburg-koringkontrak, 'n Delmas-mieliekontrak, te lys.  Die produsent verkoop die Safex-kontrak met sy naaste silo se naam daarby, lewer die oes en kry sy geld.

Die probleem met die scenario hierbo is volumes. Om te kan verkoop, moet daar ‘n koper wees, anders vind geen transaksie plaas nie. Die kans is goed dat ‘n verkoper vir dae lank geen koper sal kry by ‘n silo wat ver van ‘n meule af is nie.

Hoewel nie statistiek daaroor bestaan nie, is die kans goed dat die meerderheid transaksies op Safex spekulatief van aard is. ‘n Produsent wat mielies of koring op Safex koop, is per definisie ‘n spekulant, al is hy deel van die mieliebedryf. Dieselfde geld vir ‘n meulenaar wat verkoop.  ‘n Mielie- of koringkontrak op Safex sal nie sonder spekulatiewe transaksies kan funksioneer nie.

Die opbreek van dieselfde kommoditeit om as verskillende kontrakte te verhandel, verwater die krag van sulke transaksies en is nie ‘n werkbare oplossing nie. Dit was die groot doodsteek van die oorspronklike Kaapse koringkontrak, wat koring in twee kontrakte verdeel het.

Een kontrak per kommoditeit was dus noodsaaklik, maar het nie die fisiese leweringsprobleem op verskillende lokaliteite aangespreek nie. Dit is uiteindelik geakkommodeer deur die huidige stelsel van vervoerdifferensiale, met Randfontein as leweringspunt.

Lewering moontlik gemaak

Vervoerdifferensiale het fisiese lewering moontlik gemaak. Fisiese lewering, saam met die koop van fisiese mielies by ‘n silo, het die nuwe, abstrakte begrippe van termynkontrakte, opsies en afgeleide instrumente meer verteerbaar gemaak en volumes het begin toeneem.

Dit was dalk een van die redes vir die mislukking van die eerste landbou Safex-kontrak, die aartappelkontrak. Fisiese lewering was nie ter sprake nie en vereffening was gegrond op ‘n aartappel-prysindeks, afkomstig van varsproduktemarkte. Daar was dus geldige, noodsaaklike redes vir ‘n termynmarkstelsel met vervoerdifferensiale.

Die stelsel van vervoerdifferensiale het ander newe-effekte gehad. Die beginpunt van prysonderhandeling vir ‘n lokaliteit het die Safex-prys, minus die vervoerdifferensiaal, vir daardie lokaliteit geword.  Die honderd jaar-oue probleem van min kopers (baie bedingingsmag) en baie verkopers (min bedingingsmag) het weer sy kop uitgesteek.

Die prys self was nie meer in die hande van min kopers nie (Safex en spekulatiewe transaksies het daarvoor gesorg), maar die vervoerdifferensiaalgedeelte van die prys wel. Meulenaars/verwerkers in surplus-produksiegebiede het mielies vir Safex minus differensiaal plus ‘n klein R10 of R20 premie gekoop, gelewer op sy perseel. Só ‘n meulenaar het nou ‘n prysvoordeel van bykans die totale differensiaal bo die meulenaar in Randfontein gehad.

Meer geld in boer se sak

Die prysdifferensiaalstelsel het dit nie vir die Randfontein-meulenaar moontlik gemaak om effektief met die surplusgebied-meulenaar ten opsigte van die prysdifferensiaal gedeelte mee te ding nie.  Effektiewe mededinging sou die premie verhoog het, dit wil sê meer geld in die produsent se sak. Let wel, die meulenaar in die surplus-gebied is nie skelm nie, hy gebruik net, soos wat enige rasionele mens sou doen, die geleentheid wat deur ‘n sekere stelsel geskep is.

‘n Koringmeulenaar (fiktief) by Buckingham naby Venterdorp het differensiaalgewys ‘n R100 voordeel bó die koringmeule in Randfontein. Daar is dus ‘n gedeelte van R100 wat eerder in die sak van die produsent en Randfontein-meulenaar moes gewees het. As persentasie van ‘n koringprys van R4 500 is dit relatief min en dalk nog aanvaarbaar.

Die situasie ruk egter hand uit by koringsilo’s in die Kaap. Hier is dit ‘n gedeelte van R550 per ton wat as gevolg van vervoerdifferensiale elders, en nie in die sak van die produsent is nie. Dit is dus te verstane dat koringprodusente in die Kaap van lankal af die hardste skree vir die afskaffing van die vervoerdifferensiaal.

Dit is vanjaar 20 jaar lank dat vervoerdifferensiale deel van die mielie- en koringbedryf se verwysingsraamwerk is. Gedurende hierdie tyd het heelwat veranderings plaasgevind wat vervoerdifferensiale oorbodig maak en die doeltreffende funksionering van die mark aan bande lê.

Safex werk en is gevestig. Snaakse woorde soos onderliggende produkte en variasiemarges skrik nie meer mense af om aan Safex deel te neem nie.

Vervoer deur een instansie

Die beheerde bemarkingstelsel vóór Safex het vervoerdifferensiale maklik implementeerbaar gemaak.  Regulering het verwerking grootliks gesentraliseer, opbergingsfasiliteite was gestandaardiseer, afstande tussen opberging en meule uitgewerk en vervoer deur een enkele instansie gedoen.

Hoewel daar in 2016 steeds groot verwerkingsfasiliteite vir grane in Randfontein is, was uitbreiding van meel- en voermeulens op ‘n horde ander plekke, meestal in die middel van mielie- en koringproduksiegebiede (dalk juis as gevolg van die lekker differensiaalvoordeel?).

In 1996 was dit seker ‘n plesier vir Safex se personeel om vervoerdifferensiale uit te werk. Een telefoonoproep na Transnet en alles is uitgesorteer. Vandag is dit ‘n nagmerrie. Padvervoer maak die grootste deel van graan se vervoer uit. Die vervoerdifferensiaal is nou ‘n geweegde gemiddeld van pad- en spoorvervoer. Wie in die padvervoerbedryf is verteenwoordigend genoeg om ‘n akkurate tarief te verskaf? Hoe akkuraat kan die persentasie pad- teenoor spoorvervoer werklik bepaal word?

Daar was al gevalle waar ‘n opbergingspunt verder van Randfontein ‘n laer tarief as die nader punt gehad het. Nuwe tariewe moes weer en weer gepubliseer word om rolspelers minder ongelukkig te maak.

Slegs silo’s met spoorvervoer is in die begin as leweringpunte toegelaat. Dit het intussen verander om ook padsilo’s, bunkers en sakdepots in te sluit. ‘n Sakdepot en ‘n sementsilo op dieselfde dorp met dieselfde afstand het dieselfde differensiaal, maar ander faktore kan ‘n potensiële bron van stryery en ongelukkigheid word, tot nadeel van almal.

Van akademise belang

Net ‘n paar jaar gelede was prysvasstelling gegrond op Safex minus vervoerdifferensiaal, met hier en daar ‘n klein premie. Vandag is premies, sommige van R150 of meer, amper vanselfsprekend, met die vervoerdifferensiaal van sekere leweringspunte slegs van akademiese belang.

Die idee van ‘n termynkontrak met Randfontein as leweringspunt word al hoe meer uitgedien en irrelevant.

‘n Vervoerdifferensiaallose kontrak vir álle grane wat op Safex verhandel, klink dalk na die oplossing vir almal, maar voordele sal nie vanself kom nie. Die meule in die surplus-produksiegebied is nog steeds in die surplus-produksiegebied. Prysonderhandeling sal nou oor die grootte van die die premie bo die Safexprys gaan, geen premie en die produsent lewer op Safex. ‘n Wakker, ingeligte produsent sal mielies of koring teen ‘n beter premie as sy buurman kan verkoop wat nie so op die hoogte van bemarkingsgeleenthede is nie.

Onsekerheid

Die fisiese skerm, wat ‘n geruime tyd reeds deel van Safex se verhandelingsplatform is, sal kan help om onsekerheid ten opsigte van bogenoemde probleem uit te skakel. Die beplande basisverhandelingstelsel kan ook van hulp wees, maar hoe lank gaan dit nog duur voordat dit in werking is?

Afgesien van ‘n bergingspunt se ligging sal goeie diens, soos goeie uitlaaigeriewe, buigbare ure, ens., ook ‘n relatiewe beter premie kan beding.

Die grootste voordeel van mielie- en koringkontrakte sonder differensiale behoort mnr. Chris Sturgess (hoof van die JSE se kommoditeitsmark vir afgeleide instrumente) en sy personeel se werksaamhede te wees. Hulle sal soveel meer ekstra tyd op hande hê as hulle nie die vervoerdifferensiaal hoef te verdedig en om differensiaalberekenings te maak nie.

* Johann Strauss is ‘n navorser by BVG Commodities

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.65
+1.0%
Rand - Pond
20.20
+0.0%
Rand - Euro
17.59
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.4%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,725.16
+1.5%
Silwer
21.17
+2.2%
Palladium
2,331.00
+4.8%
Platinum
936.50
+3.5%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.4%
Alle aandele
66,313
+3.3%
Hulpbronne 10
64,568
+4.7%
Industriële 25
80,073
+3.3%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na my sielsgenoot
Ek is ń eerlike, opregte tipe man met vaste beginsels wat weet hoe om ń vrou met respek te behandel. Ek hou van reis, braai en dans.
Wil jou graag ontmoet
Ek is eerbaar, opreg, liefdevol, positief, prettig en lief vir die lewe. ek is nie perfek nie. ek hou van goeie intelligente geselskap, musiek en lekker saam kuier. en nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot