AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9885
16,00
CORN
07 Feb
-
4639
28,00
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10130
-10,00
WEAT
07 Feb
-
6814
47,00
WMAZ
07 Feb
-
4289
-22,00
YMAZ
07 Feb
-
4425
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Koolgewasse help met landbouplae

Sekere koolgewasse bied oplossings vir landbouplae.

Sekere koolgewasspesies het die vermoë om grondgedraagde siektes te onderdruk, en navorsers ontdek al hoe meer gebruike daarvoor en doeltreffender maniere om dit aan plante en die grond toe te dien.

Tydens die sesde tweejaarlikse internasionale bioberokingsimposium by Spier buite Stellenbosch was dit duidelik dat navorsers optimisties is oor die moontlikhede van bioberoking, veral noudat al hoe meer konvensionele plaagdoders verbied word.

As daar van bioberoking gepraat word, is mosterd of kanola as dekgewasse of wisselbougewasse om veral aalwurms te onderdruk, dikwels die eerste ding wat by mense opkom. Dit is inderdaad so, het verskeie navorsers by die simposium beaam.

Hulle het ook navorsing bekendgestel wat toon dat kanola maar ’n swak bioberokingsgewas is, maar dat ander gewasse soos mosterd (Brassica juncea) en swarthawer (Avena strigosa) spinasieverlepsiekte in groentekweekhuise in Japan kan onderdruk en nuwe formulasies met ontvette saadmeel van sekere koolgewasspesies as basis gebruik kan word om weerstandbiedende onkruid te bestry.

Navorsing deur dr. Matthew Back van Harper Adams Universiteit in Engeland toon dat dit lyk of gewasse soos mosterd en oliesaad­radys (oilseed radish) (Raphanus sativus) die lewensvatbaarheid van aalwurmeiers kan onderdruk.

Die laaste woord oor hoe bioberokingsgewasse en ­middels toegedien moet word om die meeste voordeel daaruit te kry, is nog nie gespreek nie. Mnr. William Watt, ook van Harper Adams Universiteit, het gevind dat mosterd wat fyn gekap en ingewerk word, terwyl navorsers by die Italiaanse raad vir landbounavorsing en ­-ekonomie (CREA) bioberokingsmiddels in verskillende formulasies, naamlik korrels, ’n blaarbespuiting en ’n vloeibare wortelbehandeling, ontwikkel het. Die middels is word van ’n soort roket (Eruca sativa) en mosterd gemaak.

Dr. John Kirkegaard van die CSIRO in Canberra, Australië, het gesê boere sal meestal net bioberokingsgewasse as groenbemesting in hul boerderystelsels insluit as dit ook ander voordele het, byvoorbeeld die verbetering van grondstruktuur, vermindering van erosie en die instandhouding van grondvrugbaarheid en ­voeding. ­

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.58
+0.5%
Rand - Pond
21.14
+0.5%
Rand - Euro
18.84
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.21
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.7%
Platinum
973.72
-0.0%
Palladium
1,651.26
+3.3%
Goud
1,871.72
+0.2%
Silwer
22.19
-0.4%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,434
-0.1%
Alle aandele
79,534
-0.1%
Hulpbronne 10
74,594
+0.7%
Industriële 25
102,656
-0.5%
Finansiële 15
16,333
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekkerseergemaak
Ek wil weer geluk vind en weet hoe om die regte vrou lief te he en weet hoe om weer een gelukkige Family tw kan wees
Alleen maar gelukkig
Ek is n sosiale spontane mens wat hou van lag en goeie geselskap. Ek werk hard, soms lang ure, maar hou ook van rustig wees. Ons is nie veronderstel om alleen deur die lewe te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot