AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Koolsiekte steeds 'n raaisel

'n Siekte onder koolgewasse laat kenners steeds kopkrap, maar daar word onverpoos gewerk om die patogeen te identifiseer.

Die afgelope twee jaar het ’n nuwe siekte op koolgewasse in die noordelike verbouingsgebiede kop uitgesteek en ’n oplossing daarvoor ontwyk navorsers steeds, sê mnr. Talha Loonat, Starke Ayres se senior produkbestuurder vir blaargewasse.

Dit is veral koolprodusente in die Brits-omgewing wat die swaarste deurloop weens die swakker opbrengste en gevolglike swakker bemarkbaarheid van die besmette produkte.

Loonat sê hoewel die simptome van die siekte aanvanklik in koolaanplantings waargeneem is, is dit sedertdien ook op broccoli en blomkool gesien en hou dit  waarskynlik ook ’n risiko vir ander blaargewasse in.

Volgens wetenskaplike verslae uit Suid-Amerika kom die siekte veral voor onder lae humiditeit-  en droë weerstoestande wat tipies in Suid-Afrika se winterproduksieperiodes in die noordelike verbouingsgebiede ervaar word.

Navorsers van die Landbounavorsingsraad, universiteite, chemiese en saadmaatskappye snoer kragte saam om die patogeen te identifiseer. Aanvanklik is gedink dat die siekte deur ’n fitoplasma veroorsaak is, maar hierdie vermoede is sedertdien uitgeskakel. Die vermoede bestaan dat die skadelike organisme, voorlopig bekend as patogeen X, deur insekte soos blaarspringers versprei word.

Simptome van die siekte
Die simptome is die misvorming van blare, die verdwerging van plante en somtyds ’n pienk of pers en swart verkleuring van die basweefsel. Dit is moontlik dat die patogeen hierdie basweefsels verstop en die vloei van voedingstowwe belemmer. Dít sal lei tot verdwerging en die ander simptome wat dui op ’n voedingstekort. Die maklikste manier om die siekte te identifiseer, is om ’n dwarssnit van die stam van ’n verdwergde plant te maak. Besmette plant toon ’n duidelike donkerbruin of swart verkleuring van die basweefsel.

Loonat sê daar is nou nog geen beheermaatreëls vir die siekte nie, maar dit lyk asof die beheer van insekvektore tans die grootste moontlikheid bied om die impak van die siekte te verminder. Só ’n beheerprogram sal gewoonlik reeds in die kwekery begin met ’n chemiese insekbespuiting nog vóór die plante afgelewer word. Na uitplant, kan produsente ’n reeks sistemiese insekbeheermiddels op ’n gereelde grondslag toedien, maar die voorgeskrewe weerhoudingstydperke moet onder alle omstandighede altyd streng nagekom word.

Die navorsingswerk fokus nou op die indentifisering van die patogeen, die presiese manier waarop die siekte oorgedra word en moontlike ander gasheerplante. “Met hierdie inligting beskikbaar sal ’n doeltreffende bestuursplan opgestel kan word,” sê Loonat.

Foto hieronder: Verdwergde koolplante weens die onbekende siekte. Albei foto's is verskaf deur Starke Ayres.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.92
-0.8%
Rand - Pond
19.96
+0.8%
Rand - Euro
17.60
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.51
+0.3%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,711.65
-0.3%
Silwer
20.54
-0.5%
Palladium
2,268.00
+0.4%
Platinum
926.00
+0.4%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lief vir gesels, lees, skryf, teater. Die see, woude, berge ook. 'n Goeie kok. Oopkop en vrydenkend
Dankie dat jy my profiel lees. Ek is 'n omgeemens, met 'n wye ervaringskennis, en 'n baie goeie humorsin. Ek is intelligent, kreatief en oopkop, avontuurlustig,...
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot