AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Koring: Besin oor invoertarief – Jannie Div

Sluit dalk alle rolspelers in ‘n kamer toe om oor ? invoertarief vir koring te besin, het mnr. Jannie de Villiers op die Agri Megaweek gesê.

Te midde van struwelinge in die graanbedryf om konsensus oor invoertariewe op koring te kry, meen Graan SA die tyd het aangebreek dat die bedryf rolspelers, soos produsente, kopers, meulenaars en bakkers, iewers om een tafel kry om die saak uit te redeneer.

“Dalk is dit tyd dat hulle ons in ’n kamer toesluit, en dat ons iewers tot ’n vergelyk kom, want op die oomblik skree een groep nul en die ander groep skree R1 500 vir invoertariewe, en niemand stem ooreen nie,” het mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, gesê tydens ’n graandebat by die Agri Megaweek.

De Villiers sê dit is dalk nou die tyd vir die bedryf om verantwoordelikheid te neem om met mekaar te praat, “al is hulle kwaad vir mekaar.”

Tyd om met mekaar te praat

“Ons moet gaan sit en kyk of ons hierdie bedryf op ’n manier op die pad kan hou, waar ons kan seker maak daar is genoeg kos in die land. Ons sal moet terugkeer na die kultuur waar alle rolspelers  saam sit en die kwessie uitredeneer.”

Hy het verder bygevoeg dat die besluite rondom die tariewe op feite, eerder as emosies, gebaseer moet wees.

Mnr. Nicholaas Hanekom, ’n portefeuljebestuurder op die JSE, wat self met skape en koring naby Moorreesburg boer, meen egter die struweling tussen die verskillende rolspelers in die graanbedryf sou nie plaasgevind het indien die staat sy eie beleid toegepas het, en daar geen fout is met die Departement van Handel en Nywerheid en die kommissie vir internasionale handelsadministrasie (ITAC), se huidige beleid.

Eie beleide

“Hul gepubliseerde beleid sê Suid-Afrikaanse koring- en garsprodusente verdien beskerming teen oorsese subsidies, hulle wil die SA landbou en werkskepping bevorder, en hulle wil die bedryf stimuleer om meer te produseer. Dus is die beleid goed.”

Graan SA het Donderdag ’n graandebat by die Agri Megaweek in Bredasdorp gehou om insae van boere en ander rolspelers te kry om hul saak oor invoertariewe vir koring aan die Regering te stel.

Geentarief

Verskeie graanverwerkers het onlangs aangedui dat hulle ’n geentarief of lae tarief vir koring-invoer ondersteun, terwyl boere redeneer dat Suid-Afrikaanse koringboere nie sal kan voortbestaan indien geen tariewe ingestel word nie.

Van boerekant is ook gevra dat die tarief eerder in die volgende produksieseisoen uitgesorteer word, en daar nie nou in die middel van die seisoen aan die tarief getorring moet word nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.97
-1.1%
Rand - Pond
20.03
+0.5%
Rand - Euro
17.60
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.49
+0.5%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,707.35
-0.5%
Silwer
20.44
-1.0%
Palladium
2,265.00
+0.3%
Platinum
922.50
+0.0%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Natuurliefhebber
Alles in natuur , kamp wildtuine road trips tent chalets . Wil eerlikheid he , vrede vreugde en geluk met n gebalanseerde verhouding en moet mekaar kan ondersteun deur dik en dun
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot