AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9885
16,00
CORN
07 Feb
-
4639
28,00
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10130
-10,00
WEAT
07 Feb
-
6814
47,00
WMAZ
07 Feb
-
4289
-22,00
YMAZ
07 Feb
-
4425
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Korridorsiekte saai verwoesting

Korridorsiekte het groot skade tot gevolg in KwaZulu-Natal en boere wend hulle nou na die Openbare Beskermer vir hulp.

Bykans 600 beeste van kommersiële kommunale boere is oor die afgelope vyf jaar weens Korridorsiekte dood in die Magudu-omgewing naby Pongola in KwaZulu-Natal.

“Ek boer al geslagte lank in hierdie distrik en nog nooit was daar ’n probleem met Korridorsiekte nie,” verduidelik mnr. Johannes Steenkamp, ’n beesboer van die omgewing.

Mnr. Mark Dedekind, die mede-eienaar van Mahlalela private wildreservaat en Steenkamp se buurman, moet hy nou sy buffels verskuif weens die Korridorsiekte-uitbreking. “Ons het ongeveer ses jaar gelede die eerste siektevrye buffels op die plaas vrygelaat en nooit ’n probleem ondervind nie. Ongeveer ses maande gelede het twee van ons buffels, wat onlangs as siektevrye buffels aangekoop is, gesterf. Ekstensiewe na-doodse ondersoeke het uiteindelik bevestig dat die oorsaak wel Korridorsiekte is. Ons plaas val net buite die area waar buffels besmet met Korridorsiekte toegelaat word en dus sal ons nou hierdie buffels moet skuif. Dit gaan die besigheid ’n koste van ongeveer ’n miljoen rand op die lyf jaag te danke aan die verskil in waarde van ’n skoon en besmette buffel,” verduidelik Dedekind.

In 2005 het die staatsveearts geglo dat die vektor van Korridor siekte, die bruin oor-bosluis, nie ’n aktiewe bosluis is nie en hoogstens ’n meter per jaar beweeg. Op gronde van hierdie aanname, wat aan die beesboere van Pongola verkondig is en wat oor die afgelope dekade deeglik verkeerd bewys is, het beesboere ingestem om buffels in die gebied toe te laat.

“Noudat die probleem ons op ons knieë forseer, nou is die staat nêrens te vinde nie. Opkomende boere lei die meeste skade. Daar is heelwat gevalle in die omgewing waar gesinne hulle ganse kudde - hul bron van inkomste - verloor het. Dit is tragies,” verduidelik Steenkamp.

Mnr. Kobus Badenhorst, ’n boer en verteenwoordiger van die Rooivleisprodusente-organisasie in die omgewing, meen ’n skeidsregter is nodig. “Iemand wat die nodige aandag aan hierdie probleem kan skenk. Dit is ’n saak van nasionale belang en nie net beperk tot die Noorde van KZN nie. Tot dus vêr het die staat sy plig om die behoud van die nasionale buffel- en beeskudde te beskerm, tragies versuim,” verduidelik Badenhorst.

Die beesboere van die distrik gaan nou hul saak aan die Openbare Beskermer rig en hoop dat hulle daar hulp sal kry. Na vele pogings kon Landbouweekblad nie daarin slaag om kommentaar in dié verband van die staatsveearts te bekom nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.58
+0.4%
Rand - Pond
21.18
+0.3%
Rand - Euro
18.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.21
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Platinum
972.03
-0.2%
Palladium
1,648.06
+3.1%
Goud
1,869.04
+0.1%
Silwer
22.13
-0.6%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,434
-0.1%
Alle aandele
79,534
-0.1%
Hulpbronne 10
74,594
+0.7%
Industriële 25
102,656
-0.5%
Finansiële 15
16,333
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Plat op aarde boeremeisie opsoek na liefde
Ek het 'n hart van goud, mal oor diere, het' n liefde vir kinders, hou van kosmaak, bak, visvang, naweke weg ens.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot