AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Koskrisis is polities van aard

Reeds in 2007 het die invloedryke publikasie Economist die einde van goedkoop kos aangekondig.

Prof. Ben Cousins van die instituut vir armoede-, grond- en landelike studies (Plaas) aan die Universiteit van Wes-Kaapland meen daar is ’n politieke dimensie aan die kwessies van duurder kos, wisselvallige kosgehalte en die omgewingskade wat met die huidige stelsel van kosproduksie, -verwerking en -verhandeling gepaardgaan.

Cousins het op ’n seminaar van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) oor die toekoms van kos ook teenstrydighede in die huidige stelsel uitgewys. “Om oor te skakel na kos wat ekologies gesproke gesonder en voedsamer is, kan dit duurder maak, veral vir arm mense wat ’n groot proporsie van hul inkomste aan kos bestee.”

Alternatiewe

Cousins stel vyf moontlike maniere voor om die voedselkrisis te takel. Die eerste is om die hoofstroom-, markgedrewe stelsel te behou en dit aan kapitalisme oor te laat om die verbruikersvraag te probeer verander.

In dié verband is die boodskap van die film Food Inc. ’n goeie voorbeeld, waar aktiviste verbruikers probeer oortuig om by supermarkte op kos van goeie gehalte aan te dring. Hy meen egter dit is naïef om korporasies se invloed op verbruikersvraag te ignoreer.

Só ’n benadering sal waarskynlik ook nie byval vind by arm verbruikers nie. ’n Tweede reaksie is meer regulasie, soos regeringsbeheer oor die produksie, verwerking en verkoop van kos deur wetgewing of belasting. Daarvan is die beoogde suikerbelasting ’n voorbeeld.

Dis egter nie so eenvoudig nie omdat behoorlike openbare regulering funksionele staatsinstellings vereis. Eweneens kan sulke regulering deur magtige spelers in die kosbedryf gekaap word. ’n Veel radikaler alternatief, wat wêreldwyd ál meer aftrek kry, is ’n beweging na voedselsoewereiniteit en agro-ekologie, soos gedefinieer deur La Via Campesina, ’n internasionale beweging vir kleinboere.

Volgens dié model het mense die reg op gesonde kos wat op ekologies aanvaarbare maniere geproduseer is, en gemeenskappe het die reg om hul eie kos- en boerderystelsels te definieer. Die vraag met dié benadering is egter hoe ’n groot oorskot met min eksterne produksiemiddele en arbeidsintensiewe metodes behaal kan word tot voordeel van groot getalle mense wat nie kos voorsien nie.

Oorskotte

Nog ’n vraag is hoe oorskotte, gelewer deur mense wat hul outonomie hoog op prys stel, by nie-boere gaan uitkom. ’n Vierde alternatief is ’n benadering met voedselregverdigheid as uitgangspunt. “Dit sluit in aktivisme teen ongelykheid, onregverdigheid, onderdrukking en verwringing en veg vir beter openbare beheer,” sê Cousins.

Dit impliseer strukturele hervorming van bestaande stelsels. “Al klink dit vaag en onbevredigend, is dit dalk die beste wat ons kan doen.

“Navorsers en nie-regeringsorganisasies doen tans navorsing oor politieke en maatskaplike prosesse in landelike gebiede en alternatiewe onder die wêreldwye inisiatief vir bevryding van landelike armoede (ERPI).

Vyfdens het Cousins gevra of  daar ’n alternatief tot kapitalisme is. “Daar is. Ons het dit sosialisme genoem, maar wat beteken dit in die huidige sameloop van omstandighede?”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.23
-0.2%
Rand - Pond
21.34
-0.2%
Rand - Euro
18.73
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.23
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Plain Jane
Oor die onnodige drama, wil net die lewe geniet. Goeie hart en weet wat ek uit die lewe wil he 😊
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot