AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Kospryse: Brandstof olie op die vuur

Brandstof het voedselpryse opgestoot, terwyl die wisselkoers en hoë groentepryse ook tot voedselinflasie bygedra het.

Stygings in brandstofkoste, veral in die prys van diesel, was 'n belangrike rede vir stygings in voedselpryse. Só sê mnr. Dawie Maree, senior ekonoom van Agri SA, na aanleiding van Statistieke SA se jongste inflasiesyfer.

Die verbruikersprysindeks (VPI) was in Maart op 'n jaargrondslag 6% hoër, wat beteken die inflasiekoers het die boonste perk van die Reserwebank se teikenband bereik. Op 'n maandgrondslag was VPI in Maart 1,3% hoër as in Februarie. Stygings in voedsel- en brandstofpryse het tot groot mate tot hoër inflasie bygedra.

Maree sê die prys van brandstof het die laaste paar maande telkemale gestyg, gedryf deur die swak rand en die internasionale olieprys.

Laasgenoemde kan in die volgende paar maande wel laer neig soos wat die Noordelike Halfrond in sy somer ingaan en die vraag na olie kleiner word.

Die wisselkoers
Maree sê 'n tweede faktor in voedselinflasie, hoewel in 'n mindere mate, is die wisselkoers. Die swak rand het tesame met vroeëre vrese vir 'n swak oes weens droogte in die westelike dele van die land, tot 'n hoë mielieprys bygedra. Mielies is 'n redelike belangrike deel van Statistieke SA se kosmandjie omdat dit vir baie mense 'n stapelvoedsel is, sê Maree. Noudat 'n uitstekende mielie-oes verwag word, sal die mielieprys later vanjaar na verwagting 'n temperende invloed op voedselinflasie hê.

Groentepryse
Maree sê groot stygings in die pryse van groente het ook tot voedselinflasie bygedra. Dit is veroorsaak deur 'n kleiner aanbod ná vloede in Gauteng en Limpopo en 'n hittegolf in die Wes-Kaap – die belangrikste gebiede vir groenteproduksie. Omdat groente 'n vinnige omset het, behoort pryse egter weer vinnig te daal.

Volgens Statistieke SA was die indeks vir voedsel en nie-alkoholiese drankies in Maart 1,4% hoër as in Februarie, en op 'n jaargrondslag 7% hoër, vergeleke met Februarie se jaargrondslagstyging van 5,4%. Op 'n maandgrondslag was groente 3,3% duurder, vrugte 2,1% en melk, eiers en kaas 1,9%. Op 'n jaargrondslag was groente 12,8% duurder, vrugte 5%, melk, eiers en kaas 7,2%, en brood en graankosse 9,2%.

Die vervoerindeks het van Februarie tot Maart met 1,6% gestyg en die jaarlikse styging in Maart was 6,9%. Dit is volgens Statistieke SA hoofsaaklik weens 'n 36c/liter-styging in die prys van petrol.

Die koste van opvoeding het ook tot inflasie bygedra: Die onderwysindeks het in Maart op sowel 'n maand- as jaargrondslag met 8,7% gestyg.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.95
+0.7%
Rand - Pond
19.41
-0.4%
Rand - Euro
17.30
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Goud
1,636.61
+0.9%
Silwer
18.67
+1.7%
Palladium
2,057.00
+0.7%
Platinum
863.50
+1.2%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,501
+0.4%
Alle aandele
63,851
+0.4%
Hulpbronne 10
56,307
+0.2%
Industriële 25
79,590
+0.1%
Finansiële 15
14,137
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dont do today what u can do tomorrow
Stap die myl Aandagafleibaar Wil nog leer kitesurf Mal oor golf en seil Gee mekaar spasie Friend for life Never doublecross
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot