Die inwoners van Kgetlegrivier-munisipaliteit (Koster en Swartruggens) se regstryd om hul munisipaliteit te dwing om dienste te lewer, kan voortgaan nadat hulle verlof gekry het om appèl aan te teken teen ’n hofbevel wat die dienste aan die munisipaliteit teruggegee het.
Intussen het inwoners van ander dorpe soos Sasolburg, Potchefstroom en Leeudoringstad die voorbeeld begin volg om deur regsaksies te baklei teen verval op hul dorpe.
Ná jare se gesukkel met watertoevoer en rioolbesoedeling het die hooggeregshof in Mahikeng die Kgetlengrivier Besorgde Inwoners (KBI) verlede jaar toegelaat om beheer oor te neem, die dienste te herstel en die koste daarvoor van die munisipaliteit te eis.