AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Kostestygings bedreig voedselsekerheid, sê Tru-Cape

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Tru-Cape verskaf 14 verskillende kultivars appels en pere wat in Suid-Afrika verkoop word. Foto: Verskaf
Tru-Cape verskaf 14 verskillende kultivars appels en pere wat in Suid-Afrika verkoop word. Foto: Verskaf
Vuisvoos verbruikers se onvermoë om te help betaal aan hoër produksiekoste wat deur beurtkrag meegebring word, bedreig die volhoubaarheid van kosproduksie in Suid-Afrika.

Só het mnr. Roelf Pienaar, besturende direkteur van die appel-en-peerbemarkingsmaatskappy Tru-Cape, op ’n onlangse aanlyn mediasessie gesê.

Dit kos boere vanjaar sowat 25-30% meer om appels en pere te produseer.

“Een van ons kleiner produsente in Grabouw bestee tans sowat R150 000 per maand aan brandstof om kragopwekkers aan die gang te hou. Dis ’n massiewe koste om produkgehalte te verseker en die verspreidingsketting te handhaaf.”

Volgens mnr. Conrad Fick, bemarkingsdirekteur by Tru-Cape, ervaar supermarkte soortgelyke kostestygings, want hulle moet ook op kragopwekkers en dies meer staat maak.

“Dis ’n dubbele slag.”

Pienaar sê ‘n prysregstelling is nodig om te help absorbeer aan dié koste, maar hy glo nie verbruikers kan die hoër produksiekoste sluk nie.

“Ons verwag dat die appel- en peeroes in ons produksiegebiede (hoofsaaklik Ceres en Grabouw) 8-10% kleiner gaan wees. By Ceres is sowat 200 000 tot 250 000 kratte vrugte vernietig weens haelskade. Dis moeilik om koste in ’n gemiddelde produksiejaar te versprei.”

Boonop het sy onlangse besoek aan Berlyn vir die Fruit Logistica-ekspo gewys die prentjie lyk wêreldwyd nie te waffers nie.

“Ons sien dat stygende energiekoste en rekordhoë inflasie verbruikers oraloor onder druk plaas. Hulle sukkel om uit te kom met hul geld. Gevolglik sien mens ook dat sogenoemde afslagsupermarkte (soos Aldi en Lidl) markaandeel wen.”

Daar is selfs ’n neiging dat verbruikers eerder gewone, goedkoper kultivars verkies en wegbeweeg van klubkultivars soos Envy, Jazz en Kanzi.

“Dit is ’n aanduiding van hoe moeilik die mark tans is.”

Volgens Fick raak markte meer uitsoekerig oor wat hulle aanvaar of nie.

“Ons raak ook strenger oor wat by pakhuise ingaan. In ’n moeiliker mark moet jy versigtig wees met wat jy in ’n boks sit en uitvoer. As jy ’n fout maak en ongewenste gehalte of kultivars beland in die verkeerde mark, gaan jy jou in die pekel bevind.”

Produsente sal ook slim moet wees oor nuwe aanplantings en kultivars.

“Klubkultvars is onder druk en ek meen kleinhandelaars gaan meer konserwatief wees met dié dat verbruikers goedkoper produkte koop. Supermarkte gaan waarskynlik huiwerig wees om nuwe klubkultivars aan te skaf in die volgende jaar of twee.”

Ander kwessies

Pienaar sê Suid-Afrikaanse produsente het verlede jaar ’n baie moeilike produksieseisoen agter die blad en is tans “versigtig optimisties” oor wat die nuwe seisoen inhou. Die uitermatige warm Europese somer het ’n invloed op hul gewasse.

“Dit kan ’n gunstige markgleuf vir ons skep as die gehalte in die Noordelike Halfrond nie hou nie.”

Die hawe in Kaapstad gee ook steeds probleme weens ongunstige weerstoestande. Volgens Fick het die hawe in Januarie en Februarie onderskeidelik 55 en 52 minder bedryfsure gehad as verlede jaar weens sterk wind.

“Die doeltreffendheid is beter, maar die wind speel nie saam nie.”

Markvooruitsigte

Pienaar verwag die groei in appel- en peermarkte sal oor die volgende tien jaar in die Verre Ooste, Midde-Ooste en Indië sal wees.

“Ons ontgin nog nie die potensiaal in China nie. Ons is baie opgewonde oor die geleenthede daar, hoewel dit gaan tyd kos om te ontwikkel. Ons wag ook op toegang in die Filippyne en Thailand, wat goeie vooruitsige vir appels inhou. Ook Indië is opwindend, met massiewe geleenthede en ’n groot bevolking.” 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
-0.8%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die is nie vir bang dames nie, Is jy dapper of mal genoeg ?
Ek loop nie graag heeldag my eie beeld en polish nie, ek verkies dat mense my leer ken en dan self besluit hoekom hulle van my hou of nie hou nie. Nie een van ons is perfek nie,...
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot