
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal kouefronte die land van Dinsdag (vandag) bereik. Dit sal gepaardgaan met koue, nat en winderige toestande oor die westelike dele van die Noord- en Wes-Kaap. Sneeuneerslae word ook daar verwag.
Kort op die hakke van die eerste kouefront sal nog een die land Woensdag tref. Teen Donderdag sal die eerste kouefront oor die oostelike dele van die land wegbeweeg, terwyl die westelike en sentrale dele bitter koue en winderige toestande sal ervaar.
Sneeu sal dan ook oor hoogliggende dele van die Oos-Kaap voorkom. Sneeu wat ernstige ontwrigting kan veroorsaak, word Donderdag in die Wes-Kaap verwag.
Saterdag gaan die hele land bibber en temperature van onder die vriespunt met swartryp in baie gebiede word ook voorspel. Koue, winderige en droë toestande kan in groot dele van die land ’n brandgevaar skep, waarsku die Weerdiens.
Bron: Beeld.