Braaihoenderprodusente in Oekraïne moet sedert die aanvang van die oorlog verskeie probleme te bowe te kom. Kragonderbrekings is een van die grootstes, veral rakende voerproduksie, omdat ononderbroke krag daarvoor nodig is, het die vereniging van pluimveeboere van Oekraïne by navraag gesê.
Verlede jaar is Oekraïne nog geag as die sewende grootste pluimvee-uitvoerder ter wêreld en die derde grootste uitvoerder na die Europese Unie (EU). Volgens syfers van Ukrstat, die regering se statistiekdiens, het Oekraïne in 2021 460 000 ton hoendervleis uitgevoer, maar verlede jaar 420 000 ton, ’n daling van 9%.
“Produksie vind in ongewone toestande plaas en alle tegnologiese prosesse word deur kragonderbrekings ontwrig,” sê die vereniging.