AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Krugerwildtuin-eisers in die steek gelaat

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Krokodilrivierbrug in die Krugerwildtuin. Foto: Alani Janeke
Die Krokodilrivierbrug in die Krugerwildtuin. Foto: Alani Janeke
Die grondeisehof sal die bemiddelaar tussen die begunstigde gemeenskappe van die Krugerwildtuin en die staat optree.

Die grondeisehof sal die bemiddelaar tussen die begunstigde gemeenskappe van die Krugerwildtuin en die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling wees nadat onderhandelinge oor die voorgestelde begunstigingskema op ’n dooiepunt uitgeloop het.

Die begunstigde gemeenskappe van Mpumalanga en Limpopo het aan die parlement se portefeuljekomitee vir bosbou, visserye en omgewingsake erge kommunikasieprobleme, grootskaalse ondermyning en uitsluiting by prosesse om die beste uitkomste te vind, uitgelig.

Die Mahashi-, Ngirivane Mathebula- en Mhlanganisweni-gemeenskap van Mpumalanga en die Madonsi- en Muyexe-gemeenskap van Limpopo het reeds in 2019 ’n dispuut verklaar.

Hulle voel ook dit was ’n groot fout van die kommissie vir die herstel van grondregte om Sanparke die owerheid te maak wat die onderhandelinge rakende die begunstigingskema moet lei, aangesien Sanparke belang by die grond het en die skema nie gelyke herstel bied nie. Hulle wil medebestuurders van die grond wees wat ontwikkelingsregte het. Hulle het ook aangedui dat die finansiële vergoeding sedert 2017 nog nie gefinaliseer is nie.

Die kabinet het einde 2008 gelyke herstel goedgekeur as ’n manier vir vergoeding vir begunstigdes van die Krugerwildtuin. Dit sluit onder meer in ’n begunstigingskema wat moet verseker dat eisergemeenskappe regverdig en billik vergoed word. In 2016 is altesaam sewe eise afgehandel waar Sanparke by die opstel van die begunstigingskema betrokke was.

Die vyf gemeenskappe wat ’n dispuut verklaar het en nog twee, die Gobondwane van Mpumalanga en die Ndindani van Limpopo, het afhandelingsooreenkomste onderteken. Die plan wat die staat voorgestel het vir vergoeding, bestaan uit twee bene: Een is finansiële vergoeding en die ander is die begunstigingskema wat die gemeenskappe sal bemagtig om in en buite die Krugerwildtuin voordeel te trek.

Mnr. Ngcali Nomtshongwana, waarnemende hoof vir maatskaplike transformasie by Sanparke, het uitgewys dat die park nagenoeg 2 miljoen ha beslaan en dat daar grondeise van 15 eisers is wat sowat 500 000 ha (’n kwart van die park) verteenwoordig.

Bemiddeling

Aan die einde van 2020 is ’n bemiddelaar aangestel om die kwessie op te los, maar teen die spertyd in Julie 2021 was die kwessie steeds nie opgelos nie en die bemiddelaar het aangedui dat hy nie verder by die saak betrokke wil wees nie. Geen verdere bemiddeling het intussen plaasgevind nie en Sanparke gee toe dat sy verhouding met die gemeenskappe baie versleg het.

Volgens die kommissie vir die herstel van grondregte kon die bemiddelaar, mnr. Mzi Memeza, nie die werk voltooi nie omdat regsverteenwoordigers van die gemeenskappe geweier het dat hy met die gemeenskappe vergader.

Me. Faith Muthambo, voorsitter van die portefeuljekomitee vir bosbou, visserye en omgewingsake, het haar sterk uitgespreek teen die staat se onvermoë om oplossings vir die probleem te vind en die blaamskuiwery wat gereeld plaasvind. Sy het dit duidelik gestel aan me. Makhotso Sotyu, adjunkminister vir bosbou, visserye en omgewingsake, en mnr. Mcebesi Skwatsha, adjunkminister vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, dat voldoende leierskap verlang word, want die gemeenskappe ly.

Die belanghebbendes sal in 2022 samesprekings voer wat deur die staat bemiddel sal word om die kwessies op te los. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
-1.1%
Rand - Pond
20.18
+0.2%
Rand - Euro
17.60
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,710.25
-0.9%
Silwer
20.45
-2.9%
Palladium
2,248.26
-3.2%
Platinum
917.44
-1.7%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.0%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
'n Horison vol Avonture
Weet wat ek doen en wat ek wil hê in die lewe. Sober gewoontes, opreg en dinamiese optimis. Hou van opregte mense Avonturier, hou van alles waarvan manne hou Roei, gholf, fiets...
Enkel mamma van n pragtige 4 jaar oue dogtertjie... Nie opsoek na iemand wat net wil games speel nie
Eks n baie eerlike en opregte mens hou nie daarvan as mense oor my loop nie. Ek se wat ek dink en voel draai nie doekies om nie. Eks wel op my plek En het n sagte hart
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot