
SA Stamboek het ‘n webblad geskep waar melkboere na enige bul se teelwaardes kan gaan kyk.
Dr. Japie van der Westhuizen, hoof van produksie-aantekening by SA Stamboek, sê by www.SADairyBulls.com kan enigiemand gratis na enige aangetekende melkbees, hetsy in Suid-Afrika of elders in die wêreld, gaan kyk.
Melkboere kan dit gebruik om na die genetiese meriete van ‘n dier te gaan kyk voordat hulle ‘n bul of semen koop. Boere kan onder meer gaan soek vir inligting oor produksie, leeftydproduksie, melksamestelling en uiergesondheid.
Alle teelwaardes op die webblad is volgens Suid-Afrikaanse meetskale en is daarom regstreeks vergelykbaar.
Die webblad bevat inligting oor Holsteins, Ayrshires en Jerseys.