AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Kry landboudiploma eersdaags aanlyn

Voornemende landboustudente sal in die toekoms nou ook aanlyn vir hulle landboudiplomas kan studeer.

Gebreke in die onderrig by plaaslike landboukolleges en krisistye vir Suid-Afrikaanse universiteite, asook ontwikkeling in die veld van aanlynopleiding, het ’n gaping geskep vir die stigting van Agricolleges International, ’n rekenaarwolkgebaseerde instelling wat aanlynopleiding in die landbou wil verskaf.

Die maatskappy se planne is op vandag amptelik in Kaapstad bekend gestel. Volgens mnr. Howard Blight, voorsitter en stigter van Agricolleges International, word ’n eenjaarlandboudiploma beoog sodra die nodige akkreditasie van die staat verkry is. Die maatskappy is reeds besig met die proses.

“Ons wil hoop gee aan duisende studente wat andersins nie tersiêre onderrig sou kon bekom nie, deels weens die probleme by ons landboukolleges, maar ook as gevolg van ’n gebrek aan bekostigbaarheid.”

Bekostigbare opleiding

Volgens Howard sal die koste van Agricolleges se diploma vanaf R29 000 per jaar beloop.

“Daar is ’n groot behoefte aan landbouopleiding van ’n goeie gehalte op tersiêre vlak in Suid-Afrika, Afrika en in die res van die ontwikkelende wêreld.” Kursusse sal aanvanklik in Suid-Afrika aangebied word, met Zambië, Kenia, Tanzanië en Namibië ook in Agricolleges se visier.

“Terwyl party universiteite duisende voornemende studente weens die gebrek aan geriewe moet wegwys, is dit ook waar dat universiteite studente met minder hulpbronne moet bedien te midde van stygende koste.

“Diplomavlakkursusse deur Agricolleges sal voorsien in die bedryf se behoefte aan jong, goed opgeleide personeel, teen ’n prys wat vir die student bekostigbaar is,” sê Blight.

Inhoud

Studente sal kursusinhoud deur middel van ’n e-leerplatform ontvang. ’n Ooreenkoms is met die Universiteit Stellenbosch (US) aangegaan om ’n e-leerkurrikulum te ontwerp wat aan hoë standaarde voldoen.

Alle kursusmateriaal sal deur die US se fakulteit landbouwetenskappe goedgekeur word, onder die wakende oog van prof. Danie Brink, waarnemende dekaan van die fakulteit. Ander universiteite se landboufakulteite sal ook geraadpleeg word.

“Kolleges, universiteite en die landboubedryf moet saamwerk om die tekort aan vaardighede in die sektor aan te pak. Ons lewer ontoereikend opgeleide, onervare kandidate vir landbouverwante poste.

“Die gebrek aan opleiding vir ongeskoolde en halfgeskoolde werkers verhinder dat die sektor van die grond af opgebou word. Agricolleges vul dus ’n sleutelgaping in landbou-opleiding.”

Praktiese opleiding

Studente sal opleiding ontvang deur ’n proses waar hulle nie net met kursusmateriaal te leer nie, maar ook by mekaar. Praktiese aspekte sal in sentrums van uitnemendheid aandag kry.

Dié sentrums sal onder meer by bestaande landbouskole en -kolleges gevestig word, terwyl praktiese ondervinding ook met die samewerking van megaboere en by geriewe van onder meer besproeiingsmaatskappy, chemiese maatskappye en pakhuise opgedoen sal word.

Die maatskappy het reeds die steun van suksesvolle belanghebbendes in die landboubedryf, soos mnr. Philé van Zyl, direkteur van ZZ2, gekry.

“Die dae dat ’n student gaan boer sodra hy die skool verlaat, is lank reeds verby – die bedryf het heeltemal verander en daarmee saam die manier hoe opleiding verskaf word. Dié model van e-opleiding beteken dit is toeganklik en kan internasionaal uitgebrei word,” sê Van Zyl.

Klik hier vir meer inligting oor Agricolleges International.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot