AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Kwaai Tina op oorlogspad

Sy sal alle vorme van die nasionalisering van landbougrond kragdadig teenstaan, het me. Tina Joemat-Petterson op Agri SA se konferensie gesê nadat sy 'n paar mense en die media voor stok gekry het.

Sy sal alle vorme van die nasionalisering van landbougrond kragdadig teenstaan, het me. Tina Joemat-Petterson op Agri SA se konferensie gesê nadat sy 'n paar mense en die media voor stok gekry het.


Nasionalisering is nie op die ANC-regering se agenda nie, het Joemat-Petterson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, op Agri SA se konferensie op Stellenbosch gesê.

Toe Joemat-Petterson die konferensiegangers toespreek, was dit duidelik dat sy op die oorlogspad was. Haar departement is op die eerste dag van die tweedaagse konferensie erg gekritiseer deur onder meer mnr. Salam Abram, ’n ANC-LP. Hy wou weet hoekom daar feitlik geen afgevaardigdes van die Departement van Landbou by só ’n belangrike konferensie is nie. Hoe sal hulle ooit uitvind wat die werklike probleme is waarmee landbouers worstel? wou hy weet.

Sommige afgevaardiges

Skynbaar het Joemat-Petterson haar mes ingehad vir heelparty afgevaardigdes, waaronder mnr. Atholl Trollip van die DA en selfs mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, asook groepe, soos die media, waaronder sekere beriggewing in Landbouweekblad.

Sy het gesê tydens besprekings later vanjaar sal politiek wel ’n rol speel wanneer moontlike alternatiewe vir die stelsel van gewillige verkoper en gewillige koper van grond bespreek sal word. Tog het sy die georganiseerde landbou en Möller lankal gewaarsku dat dit op die agenda sal wees, maar elke keer as dit ter sprake kom, “spring” almal orent.

Die eerste gedeelte van haar toespraak het glad nie oor die landbou gegaan nie. Veral Trollip het telkemale deurgeloop. Ook die media moes hoor dat kritiek oor haar hoë verblyfrekening tydens die COP 17-beraad oor klimaatsverandering in Durban, asook bespiegelinge “saam met wie sy geslaap het” en “wat sy geëet het”, haar spoed breek omdat sy uitgelewer is aan talle verduidelikings.

Sy het daarna selfs presies aan kongresgangers haar huidige dieet uiteengesit, wat onder andere southappies en springmielies insluit. Later het sy vertel dat sy nie kan praat soos sy wou nie, want Namakwalanders vloek maklik sonder om werklik kwaad te raak.

20 000 ha mielies in ou Transkei

Joemat-Petterson het Trollip en enige belangstellendes genooi om KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap te besoek waar projekte aan die gang is om mense terug te bring na die grond. Duisende mense is reeds só aan ’n goeie bestaan gehelp, maar omdat dit nie “gepopulariseer” word nie, stel min daarin belang. So gaan 20 000 ha mielies in die omgewing van Mtata in die voormalige Transkei in produksie kom.

Voorts het Joemat-Petterson talle voorbeelde uitgewys waarop sy en die Regering reeds uitstekende werk vir die Suid-Afrikaanse landbou in talle wêrelddele gedoen het, waaronder verskeie markte wat geopen is, veral in Afrika. Suid-Afrika is die fokuspunt van landboubedrywighede in Afrika, en talle lande soek spesifiek wit Suid-Afrikaanse boere om hul landbou op dreef te kry.

Talle konferensiegangers het ná die tyd hul verbasing en teleurstelling uitgespreek oor die trant van die minister se toespraak, in teenstelling met die toespraak deur mnr. Trevor Manuel, Minister in die Presidensie, die vorige dag tydens die konferensie, waarin hy die samewerking van die georganiseerde landbou gevra het. Baie het gemeen sy was duidelik daarop uit om die verhoog te gebruik om persoonlike griewe te besweer. 

21 Februarie 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.0%
Rand - Euro
19.34
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk!!
Kom ons kyk wat die toekoms en moontlikhede inhou - tyd, geluk, vrede, liefde is kosbaar en net geleen aan ons!!
Soek eerbare ware liefde
Mooi persoonlikheid. Mense mens. Lief vir lewe . lief vir natuur. Uitdagings. Living on the edge. Opreg reguit persoon met baie liefde om te gee
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot