AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9080
-304,00
CORN
03 Okt
-
4881
84,00
SOYA
03 Okt
-
9369,8
-117,20
SUNS
03 Okt
-
10190
-62,00
WEAT
03 Okt
-
7199
84,00
WMAZ
03 Okt
-
4987
59,00
YMAZ
03 Okt
-
4926,2
38,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kwaliteit, pryse van wild neig af

Baie van die nuweling-wildboere het net getalle in hulle aankope nagejaag, teenoor gehalte, sê ? bekende Karoo-teler van springbokke.

Die pryse en die hoeveelheid diere by wildveilings het tot dusver vanjaar afgeneem, met die droogte en vele nuwe toedreders wat ook die gehalte van die wild laat afneem het.

Volgens mnr. Neil Schoombee van Karoo Elite Springbok, wat intensief met springbokke naby Middelburg boer, is reeds ’n afname in vanjaar se wildveilings te bespeur. “Daar is te veel ouens wat te vinnig in die wildbedryf inkom om vinnig geld te maak, wat die gehalte van die bokke laat afneem. Ons boere wat al lank in die bedryf is, weet egter hoe om deur die wild te sif vir die gehalte bokke, wat deel is van ’n goeie teelprogram.”

Mnr. Julian Theron, ’n springbok-teler van die plaas Plaatfontein, Richmond, het vroeër vanjaar voorspel dat die prys van skaars wild en gewone spesies van uitsonderlike gehalte na verwagting vanjaar betreklik stil sal staan of effens sal afplat. Volgens Theron, wat as “Jules of the Karoo” bekendheid verwerf het, is daar altyd ’n kopersmark wat bereid is om vir uitsonderlike gehalte te betaal.

“Indien die pryse vanjaar daal, sal doemprofete aanspraak maak op die sogenaamde borrel in die wildmark wat nou bars, maar ek voel tog die mark sal herstel en dat daar ’n plek vir diere van uitsonderlike gehalte is,” sê hy. Hy het egter nie ’n herhaling verwag van die uitskieterpryse wat tot nou toe vir rekorddiere betaal is nie.

Mark was baie ‘warm’

“Die mark was egter baie ‘warm’ en die bedryf het heelwat toetreders ondervind. Baie van die nuwelinge het net getalle in hulle aankope nagejaag, teenoor gehalte,” sê hy.

Een van die verwagte neigings wat die wildbedryf vanjaar verder kan benadeel, is die inperking van die koopkrag van die kleiner deelnemers, wat wild op eie of op huurgrond aanhou.

“Die droogte van die afgelope tyd het ons wildbedryf ernstig benadeel,” sê Theron. “Selfs in my geval is dit ’n kwessie van oorlewing. Oor die algemeen is die kapitaal vir uitbreiding en spekulasie baie skraps.

Uitwerking van die droogte

“Die uitwerking van die droogte sal eers ten volle oor ’n jaar of wat gesien kan word. Dit sal ook beslis verskeie deelnemers in dié proses uitskakel,” sê hy.

Op Plaatfontein het die droogte ook sy tol geëis: Jong en ou springbokke het onder meer gevrek. Theron was slegs in staat om van sy spogdiere te voer om hulle aan die lewe te hou.

“Die ramme wat vanjaar deurgekom het, is nie so groot soos die vorige jare nie, met swakker horinggroei onder ramme, en ’n afname in lyfgrootte van die bok en die voorplantingspotensiaal van die ooie. –

* Berig geskryf deur JOHAN NORVAL en FREDALETTE UYS

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.87
+1.1%
Rand - Pond
20.14
+0.1%
Rand - Euro
17.52
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.61
-0.3%
Rand - Jen
0.12
+1.1%
Goud
1,679.95
+1.1%
Silwer
20.35
+6.9%
Palladium
2,221.00
+2.5%
Platinum
893.26
+3.3%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,765
+0.7%
Alle aandele
64,129
+0.6%
Hulpbronne 10
61,429
+2.0%
Industriële 25
77,427
+0.0%
Finansiële 15
13,814
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons deel
Het gesonde uitkyk op die lewe. Probeer gesond leef, fiks bly, stap, om buitelewe te verken en te geniet. binne. Hou van werskaf tuis, krap in die tuin. Sal graag my lewe wil...
Enkel mamma van n pragtige 4 jaar oue dogtertjie... Nie opsoek na iemand wat net wil games speel nie
Eks n baie eerlike en opregte mens hou nie daarvan as mense oor my loop nie. Ek se wat ek dink en voel draai nie doekies om nie. Eks wel op my plek En het n sagte hart
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot