AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kwanalu soek nie beloftes van staat

KZN se departement van landbou moet sy huis in orde kry sodat boere die landbou hier verder kan uitbou.

Die 2014-verkiesing het min verrassings opgelewer. Mnr. Mike Black, voorsitter van die KwaZulu-Natalse Landbou-unie (Kwanalu), is nou gretig dat die Regering stappe moet doen om sy woorde in dade om te skep.

“Ons hoop dat politici en amptenare nou, ná die verkiesing, sal kan konsentreer op die belangrike uitdagings vir die land in die algemeen en die landbou spesifiek. Ook dat hulle wél besluite sal neem wanneer dit van hulle verwag word.”

Talle boere in die provinsie is gretig en bereid om hul kundigheid en ervaring oor te dra, maar hulle kom by die departement van landbou en omgewingsake voor toe deure te staan. “Ons is nogtans opgewonde om te sien dat mnr. Edward Senzo Mchunu, premier van KwaZulu-Natal, nuwe taakspanne in die lewe geroep het om aanbevelings aan die departement te maak.”

Die departement is al geruime tyd onder groot druk om sy sake in orde te kry. Dr. Meshack Radebe, LUR van landbou in KwaZulu-Natal, het onlangs in ’n mediaverslag ’n oudit bekend gemaak waarin beweer word dat senior amptenare van die departement bykans ’n miljard rand se bedrog gepleeg het.

Produksiemiddele

In die verklaring beskuldig Radebe senior amptenare – sommige werk al van voor 1994 in die departement – daarvan dat hulle produksiemiddele, soos saad en kunsmis, vir eie gewin verkoop. Hy voer ook aan dat trekkers en werktuie wat aan die departement behoort en vir gebruik deur opkomende boere geoormerk is, deur sommige amptenare vir hul eie gewin verhuur word.

Mike se opgewondenheid vir moontlike beterskap in die departement is egter in teenstelling met sy gevoel oor die heropening van aansoeke om eise vir grondrestitusie. Me. Sandy la Marque, hoof uitvoerende beampte van Kwanalu, het reeds haar kommer uitgespreek oor die enorme agterstand met onverwerkte aansoeke.

Sinlose moorde

Benewens die onsekerheid oor grond loop KwaZulu-Natal steeds kwaai deur onder landelike geweld. “Die aanhoudende, sinlose moorde op boere, wat gereeld met grusame geweld gepaardgaan, is vir ons nóg ’n enorme bekommernis. Die gunstige aspek is egter dat die oortreders in bykans elke geval kort ná die voorvalle in hegtenis geneem en gepaste vonnisse opgelê is. Ons prys alle betrokke partye wat hierdie aaklige dade as ’n voorrangsaak beskou," sê Mike.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.21
-0.1%
Rand - Euro
17.60
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.45
+1.5%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,724.26
+1.4%
Silwer
21.03
+1.5%
Palladium
2,315.50
+4.1%
Platinum
933.50
+3.2%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir die lewe saam met sielsgenoot
Christen, Eerlik, opreg, liefdevol, omgee, rolbal ,stap, reis, baie goeie humorsin, intelligent, sing en fluit graag , koorsanger en solo, uiteet, dans. Grapjas
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot