AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

'Kwasi-politici' beduiwel die landbou

Dit lyk of sekere politici, leiers, en selfs teoloë nie kennis neem van die eerlike bedoelings van boere nie. Boere moet die kritiek verduur van enigeen wat dit doen. Dit is onverstaanbaar hoe een deel van die samelewing die skuld vir alles moet kry.

Volgens mnr. Christof Cloete, voorsitter van Agri Wes-Kaap, beduiwel dit die saak van die landbou in die nuwe en veranderde wêreld. Hy het op die kongres van dié unie op Goudini gesê die media doen lustig hieraan mee en dit vervul hom met afgryse.

Die groot klemverskuiwing na menseregte en alles wat daarmee saamgaan, is deel van die nuwe wêreld waarin Agri Wes-Kaap moet werk. Daarom beklemtoon die unie al jare lank die belangrikheid van 'n goeie arbeidsbedeling op plase. Aksies in dié verband is met welslae van stapel gestuur. Dit het onder meer daartoe gelei dat 'n gedragskode vir die landbou verlede jaar opgestel is.

Mnr. Cloete is verder bekommerd oor die onderwysbeleid dat kinders nie kan druip nie. Onderwysstandaarde is daardeur beïnvloed. In die verlede kon die landbou nog werk bied aan ongeletterde mense.

"Die onderwys moet besef dat die landbou nie meer die vangnet is vir swak opgeleide mense nie. Mense wat nie die vaardigheid en verantwoordelikheid geleer het om met duur toerusting en chemikalieë te werk nie, sal nie meer werk in die landbou kry nie."

Die arbeidswette wat 'n groot las op boere plaas, sal so korrek moontlik deur Agri Wes-Kaap toegepas word. "Dié unie is ten gunste van orde, reg en geregtigheid." Daarom is saam met die Departement van Arbeid 'n visie vir Arbeid ontwikkel.

"Dit is jammer dat kwasi-politici vir politieke gewin hulle op dié terrein begeef, terwyl die Departement van Arbeid saam met boere en werkers hul eie probleme kan oplos. Die huidige oorgereguleerde arbeidsbedeling is nie bevorderlik vir nuwe werkgeleenthede nie."

Hy het 'n beroep op lede van Agri Wes-Kaap gedoen om betrokke te wees op plaaslike regeringsvlak, want die landbou het 'n belangrike bydrae om te maak.

9 Augustus 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.02
-0.0%
Rand - Pond
19.20
+0.7%
Rand - Euro
17.27
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.2%
Goud
1,638.58
+0.6%
Silwer
18.34
-0.3%
Palladium
2,103.50
+1.3%
Platinum
850.42
-0.4%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
57,145
-0.8%
Alle aandele
63,494
-0.8%
Hulpbronne 10
57,511
+0.9%
Industriële 25
78,213
-1.3%
Finansiële 15
14,026
-1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Kom ons begin om n "chapter" te skryf
Ek wonder soms of dit die moeite werd is om my te leer ken. maar. dit is verseker! Gee dit n kans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot