AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8950
0,00
CORN
07 Okt
-
4818
0,00
SOYA
07 Okt
-
9370
0,00
SUNS
07 Okt
-
10247
0,00
WEAT
07 Okt
-
7215
0,00
WMAZ
07 Okt
-
4965
0,00
YMAZ
07 Okt
-
4850
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Kwessie oor KWV-aandele laat bedryf gons

Dit gons in die wynbedryf oor die beoogde verdere herstrukturering van die KWV ingevolge waarvan die beginsel van tweeledige aandeelhouding sal verdwyn.

Ná die KWV se omskakeling na 'n maatskappy in 1997 is 390,5 miljoen A-aandele met 'n kommersiële waarde aan veral boere uitgereik. Tog hou KWV Koöperatief Beperk nog 1,6 miljard B-aandele (waaraan stemkrag gekoppel is) en hy beheer die KWV-groep.

Luidens 'n voorstel moet dié twee entiteite van volgende jaar af geskei word. Die maatskappy sal dan waarskynlik as KWV Beperk bekend staan, en die koöperasie as Wijngaard Koöperatief Beperk.

Verder word voorgestel dat KWV Koöperatief se 1,6 miljard B-aandele geskrap word. Nog A-aandele sal uitgereik word, sodat die koöperasie 15 % van die totale hoeveelheid sal besit.

'n Konsultasieproses word tans oor die voorstelle gevolg. 'n Paar weke voordat daarmee begin is, is 'n omsigtigheidswaarskuwing uitgereik dat planne in die pyplyn is om die KWV verder te omvorm.

Waarnemers sê dié waarskuwing het glo eers gevolg nadat vyf sakemanne met belange in die wynbedryf van die A-aandele begin koop het. Hulle besit nou saam sowat 13 %. Markbespiegelings het daarop gevolg wat die prys van die A-aandele laat styg het. Dieselfde waarnemers wys daarop dat die KWV-direksie en bestuur sedert 1997 tyd gehad het om te sorg dat die A-aandele beter vertoon.

Een van die genoemde vyf sakemanne, mnr. Paul Meaker, sê hy verwelkom dit dat die KWV die A-aandele voortaan vrylik verhandelbaar wil maak en die beperking wil ophef op die aantal aandele wat 'n mens mag besit. Hy is egter gekant daarteen dat die koöperasie "steeds beheer oor die groep probeer behou" en dat die KWV ook aan die koöperasie R8 miljoen per jaar vir vyf jaar sal afstaan vir die lewering van dienste aan die koöperasielede.

Om te voorkom dat die vrylik verhandelbare aandele opgeraap word en nie meer grootliks in die hande van boere sal wees nie, stel die KWV-voorsitter, mnr. Lourens Jonker, voor dat 'n stempoel vrywillig gevorm word. Saam met die 15 % aandeelhouding van die koöperasie in KWV Beperk sal dit verseker dat die meerderheid aandeelhouding beveilig word.

26 Junie 2002
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.09
+0.0%
Rand - Euro
17.64
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,712.09
-0.0%
Silwer
20.74
+0.4%
Palladium
2,264.50
+0.1%
Platinum
925.00
-0.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,416
0.0%
Alle aandele
65,833
0.0%
Hulpbronne 10
63,279
0.0%
Industriële 25
80,027
0.0%
Finansiële 15
13,997
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot