AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

'KWV moet uit hof probeer bly'

Die KWV se A-aandeelhouers en lede van KWV Koöperatief Bpk. moet 'n dooiepunt en 'n hofsaak probeer vermy. As die KWV se herstruktureringsvoorstel op 'n spesiale ledevergadering op 3 Desember afgekeur word, is die kans gering om 'n nuwe voorstel vorentoe met die vereiste meerderheid goedgekeur te kry.

Só het mnr. Karel du Toit van Montagu op die onstuimige jaarvergadering van KWV Koöperatief Bpk. gesê. Daarna het die sowat 300 aanwesige lede sy voorstel met 'n meerderheid stemme aanvaar dat die herstrukturering van die KWV moet voortgaan volgens die tydrooster wat die direksie voorgestel het.

Dié stemming het gevolg nadat mnr. Danie Joubert van Wellington die KWV-voorsitter, mnr. Lourens Jonker, daarvan beskuldig het dat sy voorstel van die tafel gevee word. Mnr. Joubert se voorstel dat die direksie eers die herstrukturering moet staak totdat die koöperasielede behoorlik daaroor ingelig is, is deur net sowat 20 mense gesteun.

Ook mnr. Niel Nel, nuut verkose direkteur van KWV Koöperatief vir die Klein Karoo, het gevra dat 'n taakspan weer na alle voorstelle kyk.

Mnr. Lourens de Wet van die Montagu Jongboere het gewaarsku dat Wijngaard, oftewel die koöperasie wat ingevolge die beoogde herstrukturering van die KWV as maatskappy geskei moet word, doodgebore is. Luidens 'n skikking tussen die KWV-direksie en die Groep van Vyf-aandeelhouers sal Wijngaard net 10 % pleks van 15 % van die aandele in die KWV as maatskappy bekom, terwyl die maatskappy vir vyf jaar R8 miljoen per jaar aan Wijngaard sal betaal vir die lewering van dienste aan wynboere.

Mnr. De Wet sê die dividendstroom na Wijngaard sal te dun wees. Die voorgestelde vrywillige heffings wat lede van Wijngaard sal moet betaal om hul koöperasie te help finansier, is deur wynboere op Robertson verwerp, maar mnr. Jonker staan dit steeds voor.

Ook mnr. Kobus Joubert, voorsitter van die KWK (wat wynkoöperasies verteenwoordig), sê hy stem nie met mnr. Jonker saam dat die 10 % aandeelhouding net so goed soos 15 % is nie, omdat die waarde van die KWV se aandele die afgelope tyd van 85 c tot R1,75 gestyg het.

Dr. Willem Barnard, die KWV se besturende direkteur, het in antwoord op 'n vraag gesê nuwe voorstelle kan nog op die KWV-groep se jaarvergadering op 27 November oorweeg word mits dit aan die wetsvereistes voldoen. Mnr. Jonker sê twee voorstelle sal egter die stemme verdeel en dit sal tot wynboere se nadeel wees as die beoogde herstrukturering nie goedgekeur kan word nie.

8 November 2002
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.83
-0.3%
Rand - Pond
20.05
+0.4%
Rand - Euro
17.60
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,716.84
+0.0%
Silwer
20.59
-0.2%
Palladium
2,304.50
+2.1%
Platinum
928.00
+0.6%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,532
+0.6%
Alle aandele
65,979
+0.6%
Hulpbronne 10
63,155
-0.8%
Industriële 25
80,299
+1.3%
Finansiële 15
14,079
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot