AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

KWV nie meer te koop

Die KWV is nie meer te koop nie – nie eers aan Halewood Internasionaal nie.

Die KWV is nie meer te koop nie – nie eers aan Halewood Internasionaal nie. Pioneer Foods en KWV het pas in ‘n gesamentlike verklaring op die Sens aangekondig dat Pioneer Foods se aanbod om die drankmaatskappy te koop, onttrek word ná KWV-aandeelhouers aangedui het hulle ondersteun nie die aanbodprys nie.

Landbou.com was vanoggend die eerste mediabron om nuus oor dié dramatiese wending in die Pioneer- en KWV-sage te rapporteer. Die KWV het ook pas bevestig die maatskappy onderhandel nie met enige ander party oor ‘n moontlike oorname of samesmelting nie.

Dit sluit Halewood Internasionaal in– wat onlangs sy plan om die KWV te koop skriftelik aan die maatskappy gekommunikeer het.

“Na samesprekings met KWV se aandeelhouers het KWV bevestiging van sekere aandeelhouers ontvang dat hulle, weens die aanbodprys en moontlike aanpassing daarvan, nie die voorgestelde skema sal ondersteun nie,” lui die verklaring op Sens.

Altesaam 75% van alle aandeelhouers sou ten gunste van die transaksie moes stem om dit te laat voortgaan. Volgens mnr. Thys du Toit, voorsitter van KWV se direksie, het hulle “die implikasies vir alle aandeelhouers in ag geneem en in die beste belang van KWV opgetree”.

Hy het hardnekkige gerugte oor onderduimse gedrag die nek probeer inslaan deur te sê die direksie het te alle tye die korrekte prosedure met betrekking tot die Pioneer-transaksie gevolg. Luidens KWV se verklaring hou die opskorting van die transaksie nie verband met KWV se handelsprestasie wat vandag in die media gepubliseer is nie.

Hiervolgens het KWV se netto wins vir die ses maande tot 31 Desember 2010 waarskynlik met tussen 60% en 70% gedaal teenoor die vergelykbare periode ‘n jaar gelede. Wesensverdienste sal waarskynlik met tussen 75% en 85% laer wees.

Intussen sal sake soos normaal voortgaan by KWV.

2 Februarie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
-2.2%
Rand - Pond
21.06
-0.8%
Rand - Euro
18.88
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Platinum
974.67
-4.9%
Palladium
1,630.14
-2.4%
Goud
1,866.26
-2.4%
Silwer
22.48
-4.2%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin oor
Wat skryf ek nou hier? Leer my eerder ken besluit self. Ek is wel n omgee mens en hou van bederf.
Wie wil saam met my die mooiste liedjies skryf?
Spotane, vrolike geaardheid, sin Vir humor. baie positiewe persoon. Betroubaar en eerlik. Sien die mooi in die lewe raak. Gun die son oor almal skyn. Hou van dans.🌟...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot