AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

KYK! Boere trek op Douglas saam oor kragkrisis

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Boere trek vandag onder meer met trekkers en waens vol produkte op Douglas saam om hul kommer en misnoeë met die kragkrisis en beurtkrag se verwoestende impak op hul boerderye duidelik te maak.

Hoe is dit moontlik dat boere en plaaswerkers op 'n klein skaal elke mieliepit met behulp van tegnologie met presisie kan plant, maar Eskom kan nie op 'n groot skaal bestuur van hul werksaamhede en tegnologie toepas nie? Dit was een van die vrae wat mnr. Nicol Jansen, voorsitter van Agri Noord-Kaap, vandag tydens 'n saamtrek van landbougemeenskappe by GWK se perseel op Douglas in die Noord-Kaap gevra het. 

In dié video bo gesels mnr Gerhard Bruwer, 'n plaaslike boer, met Charné Kemp.

Motoriste op paaie in die distrik Douglas het vandag sogenaamde stadsverkeer ervaar en op plekke slegs 5km/h op die nasionale paaie kon ry soos wat honderde boere en plaaswerkers met trekkers en ander plaasvoertuie na Douglas op pad was vir 'n vergadering waar hulle onder meer met die media gepraat het oor die verwoestende impak wat beurtkrag en die land se kragkrisis op hul boerderye het. 

Meer as 300 000 ha se somergraangewasse word onder besproeiing in die land verbou, asook sowat 80% van die land se aartappels. Die krisis wat beurtkrag meebring raak elke sektor in die landbou.

Graan SA het vroeër die week aan Landbou.com gesê dat sommige boere die komende week baie moeilike besluite oor dié jaar se somergraan-aanplantings asook oor hul boerderye gaan moet neem. 

Lees hier meer oor vandag se saamtrek. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
🎶 All we need is love
Onafhanklik, goeie waardes, sin vir humor, diere liefhebber, sagte hart. Geniet Park runs op Saterdae, beoefen skyf skiet as ook Karate. Mal oor musiek en geniet n rit op my...
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot