Die ramp, wat veroorsaak is toe ‘n slikdam gisteroggend (Sondag 11 September) by die Jagersfontein se JDP-diamantmyn se wal gebreek het en ‘n see van modder en slik alles in sy pad oorstroom het.
Sy vrou, Esme, vertel hoe die dag ontvou het. Sy sê hulle boer met kommersiële en stoetmerino’s, sowat 10 km buite Jagersfontein en hul plaas was die eerste een wat getref is deur die massa slikwater ná dit deur die dorp gestoot het.
“Dennis staan gewoonlik hier by kwart voor ses op en gaan dan uit; die tweelingooie lam hier in die skuur in die lamhokke, dan gaan hy gewoonlik eerste na die lammers toe om te gaan kyk of hulle orraait is en om die man wat deur die nag die lammers oppas, af te los. Hy was skaars terug in die huis toe hoor hy ’n groot geraas. Hy het iemand in die dorp gebel, om uit te vind wat maak hulle by die myn wat so raas. Die persoon was nie self op die dorp nie en kon dus nie vir ons sê nie. Maar intussen het ons die slikwater gesien aankom en besef wat aan die gang is.