AFGRI
BEAN
01 Feb
-
9790
-69,00
CORN
01 Feb
-
4566
-91,00
SOYA
01 Feb
-
9580,2
-19,80
SUNS
01 Feb
-
11295
265,00
WEAT
01 Feb
-
6770
-12,00
WMAZ
01 Feb
-
4360
-80,00
YMAZ
01 Feb
-
4440
-81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

KYK! Kragkrisis: Maandag D-dag vir mielies?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die tyd word vinnig minder om gewasse te red wat weens beurtkrag en hittegolwe droogteskade opdoen.

Landbouleiers het daarom vandeesweek week met mnr. Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, vergader om die sektor se afhanklikheid van voldoende kragvoorsiening te bespreek.

“Die landbousektor is nou desperaat vir krag om gewasse te besproei, veral met die voortdurende hittegolf-omstandighede wat reeds in sommige dele van Suid-Afrika aanplantings vernietig,” luidens die gesamentlik verklaring deur mnre. Jaco Minnaar, president van Agri SA, Nicol Jansen, ondervoorsitter van Agri SA, Kulani Siweya, hoofekonoom van Agri SA, Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van Agri SA, en dr. Pieter Taljaard, uitvoerende hoof van Graan SA, ná die vergadering.

Mnr. Corné Louw, hoof van toegepaste ekonomie en lededienste by Graan SA, sê in Suid-Afrika word meer as 210 000 ha mielies onder besproeiing verbou. Die opbrengs van dié mielies is jaarliks van 10 t/ha tot 12 t/ha, wat sowat 2 miljoen ton mielies tot die nasionale oes bydra.

Volgens 2022 se statistieke is 218 300 ha mielies onder besproeiing aangeplant, 14 570 ha sonneblom en 69 400 ha sojabone. Dit was onderskeidelik 8%, 2% en 8% van die nasionale aanplantings van dié drie gewasse.

“Ons het nog altyd gesê besproeiingsmielies is belangrik vir Suid-Afrika,” sê Louw. “Dit dien as ’n stutfaktor vir die nasionale oes, en in droogtetoestande (vir droëlandmielies) is dié mielies die deel van die oes wat verseker dat Suid-Afrika genoeg mielies vir plaaslike verbruik het. En nou, weens die situasie wat beurtkrag skep, is daardie stut in groot gevaar.”

Louw sê van die mielies het reeds soveel droogteskade dat dit nie kan herstel nie. “Van die boere sê dat Maandag D-dag is, die dag waarop hulle moet besluit om óf groot onkoste aan te gaan om kragopwekkers aan te skaf om hul wenakkers te besproei óf hulle gaan die mielies moet doodspuit en in die grond inwerk.”

Sommige boere sal selfs moontlik drastiese besluite oor hul voortbestaan op die plaas moet neem.

Verlore tonne weens dié situasie sal ’n impak hê op Suid-Afrika se totale mielie-oes, wat ook vir veevoer en dus vir die produksie van rooivleis- en hoenderprodukte gevolge gaan inhou.

Beskerm voedselsekerheid

Agri SA het tydens die gesprek met Oberholzer die noodsaaklikheid van voedselsekerheid benadruk. “Daar is ’n behoefte aan ’n plan wat op kort termyn die vernietigende impak van beurtkrag op die landbousektor en voedselproduksie mitigeer,” volgens die verklaring.

“Besproeiing is nou noodsaaklik om te verseker Suid-Afrika het genoeg vrugte, groente, graan, hoender, vleis en ander landbouprodukte.

“Die landbou-waardeketting het ook krag nodig om kouekettings aan die gang te hou, onder meer vir die slag van lewende hawe, die verwerking van landbouprodukte en alle ander landbou-aktiwiteite wat afhanklik is van elektrisiteit.”

Oberholzer het aan die landbouleiers bevestig beurtkrag sal vir ’n onbekende tydperk voortduur en vlak 4-beurtkrag gaan moontlik meer gereeld ingestel word weens onvoorsiene probleme by verskeie kragsentrales, tesame met beplande instandhoudingswerk.

Agri SA stel die volgende prioriteite voor:

  • ’n Kompromie met beurtkragskedules. Boere in sekere gebiede is bereid om hoër vlakke van beurtkrag gedurende Mei, Junie en Julie te verduur – op voorwaarde dat daar voldoende elektrisiteit beskikbaar sal wees in die kritieke besproeiingsmaande van Januarie tot April.
  • ’n Alternatiewe tariefstruktuur vir die huidige Ruraflex-trarief wat sal verseker boere word nie onregverdig belas met hoër elektrisiteitstariewe wanneer besproeiing in spitstye moet plaasvind nie.
  • Meer hernubare elektrisiteitsopwekkingsstelsels wat nog nie aan die kragnetwerk gekoppel is nie, moet toegelaat word om surplus krag terug in Eskom se kragnetwerk te sit. Dit kan gepaard gaan met bepalinge om terugkooptariewe te finaliseer.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.03
+2.1%
Rand - Pond
21.06
+1.8%
Rand - Euro
18.72
+1.0%
Rand - Aus dollar
12.16
+1.0%
Rand - Jen
0.13
+1.2%
Platinum
1,004.13
-0.8%
Palladium
1,669.69
+1.3%
Goud
1,949.52
+1.1%
Silwer
24.00
+1.1%
Brent-ruolie
85.46
+1.1%
Top-40
73,723
+0.4%
Alle aandele
79,817
+0.4%
Hulpbronne 10
75,130
-0.9%
Industriële 25
102,508
+0.2%
Finansiële 15
16,555
+2.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons geniet ons geluk en vreugde saam.
Ek het n aangename en sterk persoonlikheid. Ek is n omgee mens wat altyd net die beste wil gee en doen. Ek het n goeie humorsin en is baie lief vir die natuur. Ek hou van goeie...
Prinses Kosmos soek haar Prins Kakiebos💕
Kreatief en vriendelik, hou van die see son. en gesond leef dis altyd lekker in die buitelig, maar as daar gewerk word is dit eerste. 100% is my moto. Lief vir Mense en diere....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot