AFGRI
BEAN
18 Okt
-
6807,6
4,60
CORN
18 Okt
-
3086
32,00
SOYA
18 Okt
-
7214
-22,00
SUNS
18 Okt
-
9728
38,00
WEAT
18 Okt
-
5749
48,00
WMAZ
18 Okt
-
3196
-8,00
YMAZ
18 Okt
-
3351
-3,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

KYK! Meer as 50 000 ha veld in VS-brande verwoes

akkreditasie
Foto: Vrystaat Landbou
Foto: Vrystaat Landbou
Meer as 50 000 hektaar veld is verwoes, verskeie beeste en skape het gevrek en ’n aantal strukture het in die slag gebly in ’n verwoestende brand in die Suid-Vrystaat wat van Jagersfontein tot Edenburg en Tierpoort strek.

Die wind het Maandag en Maandagnag by tye tot 70 km per uur gewaai, wat die vlamme aangehits het. Boere, hul werkers en lede van brandbestrydingsverenigings het van oral uit die distrik en selfs die Oos-Vrystaat gekom om te help, terwyl die Vrystaatse Sambreel-brandvereniging (VSSBV) ook deur die nag gehelp het om die brande te blus en voorbrande te maak. 

Volgens mnr. Johann Savage Breytenbach, hoofbestuurder van die VSSBV en die bevelvoerder van die brandbestrydingspanne, is die buitedele van die brand grootliks onder beheer, maar verskeie aktiewe brande word steeds binne die omtrek van die brandgebied bestry. Die wind sal vandag na verwagting weer opsteek, en spanne van Werk met Vuur is tans besig met voorbrande en opruimingsbedrywighede om enige opvlamming te voorkom.

Mnre. Johann Savage Breytenbach en Markes Butler, rampbestuurshoof, bespreek strategie in die operasionalesentrum by Tierkloofdam. Foto: Johan Norval
Mnre. Johann Savage Breytenbach en Blackie Swart van die plaas Wolvekop by Tierpoort. Foto: Johan Norval
brand
Vlamme word op die plaas Lion's Hill in die distrik Tierpoort geblus. Foto: Johan Norval
brand,
Vlamme word op die plaas Lion's Hill in die distrik Tierpoort geblus. Foto: Johan Norval

Mnr Blackie Swart van die plaas Wolvekop en verteenwoordiger van die boere in die omgewing, sê skenkings en hulp het reeds van oral oor die provinsie begin instroom, waaroor hulle baie dankbaar is. Die brand het in ’n hoefyster rondom sy plaas gebrand, maar sy bure het groot skade gely. “Dit brand al van gister van Petrusburg se kant af en dwarsdeur die nag. Toe spring die brand oor die Jagersfonteinpad en versprei na die Tierpoort-distrik, waar ons nou nog teen die vlamme baklei. Die brand woed tans nog op die grens tussen Tierpoort en Edenburg in die omgewing van die plaas Knapdaar van mnr. Willie Maartens.”

Volgens mnr. Markes Butler, hoof van rampbestuur in die provinsie, het hulle 70 werkers van Werk met Vuur wat help om die brande te blus. “Ons is hoopvol ons kan dit vandag blus, en daar is ’n vliegtuig op pad wat ons uit die lug gaan help.”

Intussen sê Vrystaat Landbou enige iemand wat die boere wil ondersteun of 'n skenking wil maak, kan ook met Vrystaat Landbou in kontak tree of hul webtuiste besoek om 'n skenking te maak. Klik hier vir meer inligting.

*Die brande het Dinsdagmiddag laat onder beheer gebring.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.67
-0.5%
Rand - Pond
20.14
-0.2%
Rand - Euro
17.03
-0.5%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,765.69
-0.1%
Silwer
23.23
-0.4%
Palladium
2,017.98
-2.8%
Platinum
1,039.00
-1.8%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,221
-0.5%
Alle aandele
66,792
-0.4%
Hulpbronne 10
63,626
-1.1%
Industriële 25
84,496
-0.4%
Finansiële 15
14,073
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie roman
Ek is n fantastiese , avontuurlustige man wat my af dae gewoonlik in die natuur deurbring .Ek is n trotse afrikaner met n sagte hart vir baie dinge soos bevoorbeeld my klein...
Ek wil leef en laat leef
Ek is jonk van gees, avontuurlustig en ewe tuis in n tent of hotel💥Ek waardeer en geniet die eenvoudige dinge in die lewe. Passievol oor diere veral honde en perde....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot