AFGRI
BEAN
18 Me
-
9784
0,00
CORN
18 Me
-
5102
0,00
SOYA
18 Me
-
9033
0,00
SUNS
18 Me
-
10524
0,00
WEAT
18 Me
-
8300
0,00
WMAZ
18 Me
-
4686
0,00
YMAZ
18 Me
-
4828
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
06 Me
-
160,8
-7,25
Ave Wool - RWS
06 Me
-
174,68
-4,85
Beeste A2/3
06 Me
-
60,14
-2,17
Beeste AB2/3
06 Me
-
56,59
-3,15
Beeste B2/3
06 Me
-
52,44
-1,74
Beeste C2/3
06 Me
-
48,5
-0,86
Bevrore Hoender
06 Me
-
30,3
-0,79
Bokkies (onder 30 kg)
06 Me
-
56,61
-2,64
Bokooie
06 Me
-
42
-6,53
Groot (meer as 40 kg)
06 Me
-
46,33
3,12
Hoender (IQF)
06 Me
-
28,57
-1,01
Medium (30-40kg)
06 Me
-
49,21
-6,68
Pork Average
06 Me
-
26,81
-0,64
Poultry Average
06 Me
-
30,07
-0,70
Skaap A2/3
06 Me
-
94,59
-0,51
Skaap AB2/3
06 Me
-
78,32
-0,43
Skaap B2/3
06 Me
-
75,11
-0,40
Skaap C2/3
06 Me
-
70,66
-0,03
Speenkalf
06 Me
-
37,88
-0,38
Spekvarke
06 Me
-
27,28
-0,35
Stoorlammers
06 Me
-
46,33
-0,96
Varkwors
06 Me
-
21,26
-0,68
Vars Hoender
06 Me
-
31,34
-0,30
Vleisvarke
06 Me
-
26,75
-0,66

KYK! Noordwes-Vrystaat: Nagmerries en dankpsalms

akkreditasie
Dit is hoe dinge op die Therons se plaas, Memel, lyk en dit is amper te erg om te glo. Foto: Willem van der Berg
Dit is hoe dinge op die Therons se plaas, Memel, lyk en dit is amper te erg om te glo. Foto: Willem van der Berg
Dit is vreemd om te sien hoe boere na ’n bewolkte hemel kyk en vra dat dit nie nog moet reën nie.

Maar dit voel ook absoluut onwerklik om saam met mnr. Dawie Theron en sy seuns op ’n motorboot verby hul plaashuis, skure, silo’s en werskershuise te vaar. Nadat sowat 450 mm sedert 22 Desember tussen Bultfontein, Hoopstad en Wesselsbron geval het, is dele van dié stuk Vrystaat onder water. En op Memel, die Therons se saaiplaas, is dit die ergste.

Erger as tydens 1988 se vloed, sê Dawie.

“Ek was daai tyd hier. Dit het nie eens naastenby só gelyk nie. Daar was glad nie water om ons huis nie. In 2011 het dit ook vreeslik gereën en toe het daar bietjie water verbygekom. Daarom het ons ’n wal gegooi om te keer as dit weer sou gebeur. Maar nou . . . hel, ek weet nie, dit is asof die hele gebied se water hier na ons toe geloop het. En hier by ons stop dit. Hier is die punt, dit gaan nie verder nie. En nou lyk dit só.”

Dit is hoe dinge op die Therons se plaas, Memel, lyk en dit is amper te erg om te glo. Foto: Willem van der Berg
Dit is hoe dinge op die Therons se plaas, Memel, lyk en dit is amper te erg om te glo. Foto: Willem van der Berg
Dit is hoe dinge op die Therons se plaas, Memel, lyk en dit is amper te erg om te glo. Foto: Willem van der Berg
oorstroom bultfontein
Hierdie grondpad naby mnr. Dawie Theron se plaas, Memel, is nou deel van ’n meer en het skielik honderde watervoëls gelok. Foto: Willem van der Berg
oorstroom bultfontein
Dit is hoe dinge op die Therons se plaas, Memel, lyk en dit is amper te erg om te glo. Foto: Willem van der Berg
oorstroom bultfontein
Dit is hoe dinge op die Therons se plaas, Memel, lyk en dit is amper te erg om te glo. Foto: Willem van der Berg

’n Meer bruin water strek oor bykans 100 ha en het alle geboue, hordes toerusting, saad, kunsmis, gif, silo’s vol mielies, koring en sonneblom, ’n Fortuner en ’n dubbelkajuit-Hilux ingesluk. Dawie en sy seuns, Dawid en Ferdi, kon net betyds die meeste van die trekkers red en het verder uitgevis wat hulle met die motorboot en ’n vlot kon bykom.

Hul buurvrou me. Marita Basson se huis wat nie eens ’n kilometer van hulle af nie, op ’n effense bultjie staan, is ongedeerd, maar ’n eiland. Dit word heeltemal omring deur die massas water. Sy en haar hond moes ook met die motorboot na droër grond gebring word.

“Marita is 68, sy het hier grootgeword. En sy sê so iets het hulle nog nooit gesien nie,” vertel Dawie.

’n Sloot

Die Theron-manne se bene is modderig en hulle oë moeg. Om ’n week lank teen water te probeer baklei en lelik te verloor laat ’n mens se binnekant ook verdrink.“Ek droom elke aand die dorpshuis waarin ons nou bly loop onder water,” sê Dawid.

“Hierdie storie was . . . ja, ek weet nie eintlik hoe om dit vir ander te verduidelik nie. Maar dit het ons verniel.”

Die enigste hoop om die water van Memel af te kry is om ’n sloot van 4,8 km te grawe sodat dit in ’n nabye spruit kan inloop.“Dit is ’n helse werk en natuurlik ’n moerse som, want die besigheid moet só gegrawe word dat die water self kan loop,” sê Dawie.“En as dit die dag weer droog is hierso gaan ons ’n wal bou so groot soos Sterkfonteindam s’n.”Die Therons lag nie. Want dit is nie ’n grap nie. Hulle is hier om te bly.

Versuipskade

Nog een ander huis in die omgewing, dié van mnr. Ruben Motlhabane, het vloedskade. Andersins het verskeie lande verspoel en is groot dele van die mielie-oes aan die versuip.“Mielies wat effens vroeër, in November, geplant is, lyk asof hulle beter sal deurtrek. Maar die mielies wat op ons op meer normale tye in Desember geplant is, is reeds geel,” vertel mnr. Deon Bresler.

oorstroom bultfontein
Jonger mielies word erger geraak deur die baie reën in die Noordwes-Vrystaat en is aan die versuip, terwyl heelwat van die vroeër aanplantings nog baie goed lyk. Boere hoop wel op ’n klompie sonskyndae hierlangs. Foto: Willem van der Berg
oorstroom bultfontein
Paaie tussen Bultfontein, Hoopstad en Wesselsbron is erg beskadig en boere herstel dit self sodat hulle die dorpe kan bereik. Foto: Willem van der Berg
oorstroom bultfontein
Paaie tussen Bultfontein, Hoopstad en Wesselsbron is erg beskadig en boere herstel dit self sodat hulle die dorpe kan bereik. Foto: Willem van der Berg
veld hertzogville
Dié gebrande doringboom is omtrent die enigste teken dat ’n massiewe veldbrand in Oktober 2020 die weiding rondom Hertzogville verwoes het. Foto: Willem van der Berg
oorstroom bultfontein
Vol reënmeters word nie eens meer uitgegooi nie en is vir baie boere ook nie meer ’n wonderlike gesig nie. Foto: Willem van der Berg

Hy sê boere van die Noordwes-Vrystaat is effe gedaan ná ’n klompie jare van uiterstes.“Ons kom uit ’n erge droogte wat ons van 2013 tot 2018 baie seergemaak het. Verlede jaar Oktober was dit die groot brande. En nou verspoel als weer. Maar ons kies darem eerder te veel reën as te min.”

’n Vreemde tyd

Veeboere van die streek, veral rondom Hertzogville waar duisende hektaar afgebrand het, juig weer oor die sopnat seisoen. Die gebrande veld het wonderlik herstel.“Dit is eintlik ’n baie vreemde en baie moeilike tyd in ons omgewing op die oomblik,” sê mnr. Pieter Kotze, ’n veeboer naby Bultfontein en ook aan die stuur van die distrik se brandbeskermingsvereniging.

“Van ons jubel oor al die reën en ons wil nog hê, want ons aarde was lank baie droog. En van ons bid dat die reën net sal ophou. Mens weet nou amper nie of jy bly of hartseer moet wees nie. Toe dit gebrand het, was die saaiboere verlig dit was nie hulle wat getref was nie. Nou kan die boere in die brandgeteisterde dele weer nie genoeg dankie sê nie. Uiteindelik kry ons seker maar almal ’n beurt.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.08
-1.0%
Rand - Pond
19.85
+0.2%
Rand - Euro
16.84
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.18
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-2.0%
Goud
1,816.59
+0.1%
Silwer
21.40
-1.1%
Palladium
2,006.50
-2.4%
Platinum
938.25
-1.9%
Brent-ruolie
111.93
-2.1%
Top-40
62,494
-0.9%
Alle aandele
69,083
-0.9%
Hulpbronne 10
71,795
-1.4%
Industriële 25
76,804
-1.3%
Finansiële 15
16,026
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek soek iemand met wie ek kan gesels en dinge saam doen.
Ek hou van die natuur, kamp, visvang ek dans graag sokkie & boere musiek. Ek gaan kyk ook graag motor sport, lugskoue. Ek geniet ook die see. Ek kan kosmaak het nie n vrou...
Vertel my van jou..!!
Hallo. Ek is n mamma van n tweeling van 20jr. Nou tweedle jaar op Tuks. Bly alleen. Soek graag n maat vir geselskap!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot