AFGRI
BEAN
18 Okt
-
6807,6
4,60
CORN
18 Okt
-
3086
32,00
SOYA
18 Okt
-
7214
-22,00
SUNS
18 Okt
-
9728
38,00
WEAT
18 Okt
-
5749
48,00
WMAZ
18 Okt
-
3196
-8,00
YMAZ
18 Okt
-
3351
-3,00
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

KYK! Sowat 50 plase deur vernietigende brande in Noord-Kaap geraak

akkreditasie
’n Plaasopstal wat tydens die langnaweek in Augustus in ’n vernietigende brand tussen Kuruman, Blikfontein en Reivilo verwoes is. Foto: Verskaf
’n Plaasopstal wat tydens die langnaweek in Augustus in ’n vernietigende brand tussen Kuruman, Blikfontein en Reivilo verwoes is. Foto: Verskaf
Die nasionale regering moet beter reageer op grootskaalse veldbrande wat weiding vernietig, en gekoördineerde brandbestryding toepas sodat die ekonomie en voedselsekerheid nie daardeur bedreig word nie, meen Agri Noord-Kaap.

Dit volg op drie afsonderlike, vernietigende brande rondom  Kuruman, Daniëlskuil en Lohatlha van 5 tot 10 Augustus. Tussen Kuruman, Blikfontein en Reivilo is meer as 102 000 ha vernietig. Ván die brande het weer op 10 Augustus opgevlam. Ingeligtes meen die brande het weens brandstigting en/of nalatigheid ontstaan.

Mnr. Willem Symington, ondervoorsitter van Agri Noord-Kaap, sê die nasionale regering moet vliegtuie waarmee brandbestryding vanuit die lug gekoördineer word en helikopters wat water gooi, verskaf en skakeling tussen brandslaanspanne van distriksmunisipaliteite verbeter. Tans het die weermag twee helikopters, maar hulle is elders in Suid-Afrika ontplooi.

“Die brande is te massief vir brandslaners op die grond om dit vinnig onder beheer te bring. Boonop werk die rampbestuursentrums van verskillende distriksmunisipaliteite nie saam nie. Terwyl Agri Noord-Kaap op die vakansiedag van 9 Augustus aan diens was, was sekere amptenare nie. Dit is ongehoord, want noodsituasies en rampe gebeur nie net tydens kantoorure nie.”

Terreurdaad

Symington meen brandstigting is ’n terreurdaad omdat dit ’n aanval op die ekonomie is. “Dit moet oor dieselfde kam geskeer word as die onlangse onluste in Gauteng en KwaZulu-Natal. Die regering moet ondersoek instel en beter veldtogte voer waarin burgers van die gevare van brandstigting en brande ingelig word.”

Mnr. Willie Aucamp, DA-LP, sê hy is uiters bekommerd oor voedselsekerheid in Suid-Afrika, gegewe die impak van die vernietigende droogte elders in die Noord-Kaap. Die regering moet ophou om hom blind te hou vir ’n moontlik katastrofiese voedseltekort.

’n Emosionele mnr. Jan Joubert, voorsitter van Agri Kuruman, sê uitgeputte brandslaners en vrywilligers is deur weldoeners bygestaan.

Hy het Dinsdag oor Kuruman na Reivilo en Blikfontein gevlieg. Volgens dié opname is sowat 102 000 ha vernietig. Hy meen meer as 50 plase het heeltemal of gedeeltelik afgebrand.

Die drie afsonderlike brande wat meesal vermoedelik deur brandstigting veroorsaak is, het weiding rondom Daniëlskuil, tussen  Kuruman, Reivilo  en Blikfontein, en rondom Lohatlha vernietig.

Joubert sê die eerste brand het verlede Donderdag op die R31-roete tussen Kuruman en Daniëlskuil uitgebreek. “Die oorsaak was brandstigting. Daar is baie voorvalle van brandstigting op die roete. Dit kan brandende stompies wees wat by motorvensters uitgegooi word, vure wat langs die pad gemaak word, of kwaadwillige brandstigting. Die brand is teen Vrydag geblus.”

Die ander brand het Sondagoggend in Kuruman naby die gholfbaan begin en na Reivilo en Blikfontein versprei. “Die sterk noordoostewind het sake vererger, asook die ruig plantegroei danksy goeie somerreën. Die brand het op sy weste- en oostekant ook begin brand, wat die brand verbreed het. Daar is ’n groot verlies aan weiding en infrastruktuur soos pale, heinings en pype.”

brande Noord-Kaap
Die GPS-koördinate wat vanuit ’n vliegtuig geneem is, toon sowat 102 000 ha is tussen Kuruman, Blikfontein en Reivilo vernietig. Foto: Verskaf

Die brand wat Sondagmiddag in Lohatlha uitgebreek het, het vanuit die weermag se gebied gekom waar daar ook gemeenskapslede woon. Die oorsaak hiervan is onbekend. “Met dié dat twee brande Sondag gewoed het, is die brandblusserspanne in twee verdeel.  Manne wat reeds moeg en honger was, moes verder teen die vlamme veg.

“Sakelui, mense van ander plase en dorpe het kos en water gestuur. ’n Sekuriteitsmaatskappy het ook sy voertuie met toerusting en personeel gestuur om te help en die verspreiding van kos en water te koördineer.

“Ons sal nou moet vasstel hoeveel kuddes oorleef het en of daar weiding elders beskikbaar is. Agri Noord-Kaap sal ons bystaan om voer hierheen te bring.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.67
-0.5%
Rand - Pond
20.14
-0.3%
Rand - Euro
17.03
-0.6%
Rand - Aus dollar
10.88
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Goud
1,765.46
-0.1%
Silwer
23.22
-0.5%
Palladium
2,024.00
-2.6%
Platinum
1,039.00
-1.9%
Brent-ruolie
84.86
+1.0%
Top-40
60,221
-0.5%
Alle aandele
66,792
-0.4%
Hulpbronne 10
63,626
-1.1%
Industriële 25
84,496
-0.4%
Finansiële 15
14,073
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie roman
Ek is n fantastiese , avontuurlustige man wat my af dae gewoonlik in die natuur deurbring .Ek is n trotse afrikaner met n sagte hart vir baie dinge soos bevoorbeeld my klein...
Ek wil leef en laat leef
Ek is jonk van gees, avontuurlustig en ewe tuis in n tent of hotel💥Ek waardeer en geniet die eenvoudige dinge in die lewe. Passievol oor diere veral honde en perde....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot