AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

KYK! Sprinkaanplaag in droë Boesmanland ‘ ’n riller’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Die tweede sprinkaanplaag in die Boesmanland en Karoo is kommerwekkend.

Boere in Boesmanland is reeds weke weke lank besig om gif te spuit teen ’n tweede bruinsprinkaanplaag vanjaar wat volgens boere reeds verwoesting gesaai het in ’n gebied wat jare lank deur droogte geteister word.

Volgens mev. Retha Compion, sekretaresse van die Pofadder-landbouvereniging, kan boere nie voorbly om gif te spuit om soveel voetgangers as moontlik dood te maak voordat hulle begin vlieg nie. Hulle bespuit die insekte sedert 3 November, twee dae nadat die eerste voetgangers opgemerk is. Die insekte het twee weke ná goeie reën in Oktober uitgebroei.

Die probleem word vererger omdat sprinkane wat uitgebroei het, nie dadelik opgemerk kan word nie. Die gebied is groot en baie plase onbewoon of die sprinkane word nie aangemeld nie.

“Weens die droogte is die skaap meer op kraal en kom die boere nie meer so baie in die veld om te sien wat aangaan nie. Sommige boere wat meer as een plaas het, kan nie daagliks of self weekliks oral uitkom om alles te fynkam nie.”

Ander plase lê braak omdat niemand daarop boer nie. Die eienaars is dalk oorlede of boere het hul hekke weens die droogte toegestoot. Nie alle boere wat op meentgrond boer, laat die owerhede betyds weet wanneer hulle sprinkane gewaar nie, sê Compion. “Daar is ’n kwessie by Pella om die voorkoms van sprinkane vinnig aan te meld. By Aggeneys waar ’n plaaslike myn ’n groot stuk grond besit, is daar nie boere wat ons van sprinkane kan verwittig nie.”

Siklusse van 10 jaar

Boere het ná die onlangse goeie reën nie verwag dat sprinkane so vinnig gaan uitbroei nie. Die plaag kom in siklusse van tien jaar voor. “Ons het die afgelope tien jaar droogte, en ons vermoed knaagdiere het baie van die sprinkaaneiers op die grond opgevreet. Vanjaar se hoër reënval het die siklus verander.”

Sy het baie komplimente vir die departement van landbou, bosbou en vissery se kantoor in Upington wat hulle bystaan. Die nasionale departement het op 23 November ook ’n inspeksie gehou om toe te sien dat alle veiligheidsmaatreëls getref word, en dat spuitspanne die nodige beskermende kleredrag het.

“Die departement betaal mense om sprinkane bekamp en verskaf spuite en gif aan boere om self te bespuit. Ons is baie dankbaar, want gif is baie duur. Sommige boere het hul eie spuite.”

In die eerste week van November is sowat 647 liter op 29 plase gespuit, maar teen die derde week het 27 spanne 2 708 liter gif op 77 plase gespuit.

Sy sê hulle meet die swerms voetgangers as klein, middelslag en groot. ’n Klein swerm kan tot 120 m², ’n middelslag swerm tot 2 500 m² en ’n groot swerm groter as 2 500 m² wees. ’n Groot swerm kan tot groter as 1 km² wees. “Waar hulle gevreet het, is die veld heeltemal dood. Dit is ’n riller! Een wyfie kan tot 480 eiers lê. Dit gaan ‘n ellende wees wanneer hulle begin vlieg en verder verwoesting saai.”

Die boere bespuit vroegoggend en laatmiddag. Die spuite word agter op ’n bakkie geplaas wat met egalige spoed heen en weer oor die voetgangers ry, wat binne ’n halfuur van die gif vrek.

Nog ’n boer in die omgewing sê die goeie en baie welkom reën vroeër het ’n bietjie lewe in die plantegroei gebring. “Alles is weg gevreet. Die skade is so groot dat g’n mens die waarde kan bepaal nie.”

Mnr. Zandisile Luphahla, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van landbou, omgewingsake en landelike ontwikkeling, sê die probleem is kommerwekkend.

“Die sprinkane is in 37 gebiede by Aggeneys, Pofadder, De Aar en Hanover. Die grootste probleem is dat ons nie by plase kan inkom nie, en dat mense nie die plaag aanmeld waar dit opgemerk word nie.

“Ons versoek boere en ander grondeienaars om ons dadelik te verwittig en toegang te gee om die voetgangers te bespuit voordat hulle begin vlieg en elders eiers lê. Dit is reeds in die derde voetgangerfase.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,715.78
-0.6%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,260.50
-2.7%
Platinum
921.00
-1.3%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot