
Die veldbrand het volgens mnr. Jannie Botha, hoofbestuurder by die voerkraal, op ’n buurplaas begin. “Volgens aanvanklike aanduidings het die brand teen die teerpad begin en toe baie vinnig weens sterk wind na ons plaas versprei.”
Botha was self daar ten tye van die brandbestryding en sê hoewel dit tans onder beheer is, is daar nog bale wat smeul.
Volgens
hom het die brand oor sowat 10 km gebrand tot sover as by die tolhek op die N3.
“Ons was gelukkig, want geen vee of ander plaasdiere is beseer of dood in die brand nie. Die mielielande is ook ongedeerd.
“Daar is ’n ondersoek aan die gang, maar sover my kennis strek, is niemand nog in hegtenis geneem nie. Die oorsaak van die brand is ook nie bekend nie, al wat ons weet is dat dit teen die teerpad by die buurman se plaas ontstaan het.”