AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6900
-20,00
CORN
19 Okt
-
3070
-15,00
SOYA
19 Okt
-
7155
-50,00
SUNS
19 Okt
-
10600
-3,00
WEAT
19 Okt
-
5729,8
-12,20
WMAZ
19 Okt
-
3185
-15,00
YMAZ
19 Okt
-
3343,2
-12,80
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

KYK! Ver in die ou Kalahari swem boere nou

akkreditasie
Die Kurumanrivier is vir die eerste keer sedert 1988 in vloed. Foto: Willem van der Berg
Die Kurumanrivier is vir die eerste keer sedert 1988 in vloed. Foto: Willem van der Berg
’n Motorboot het verlede Sondag van Kuruman tot op Van Zylsrus in die Noord-Kaap gevaar.

Dit klink belaglik, maar dit kon gedoen word omdat die Kurumanrivier vir die eerste keer sedert 1988 in vloed is. Daar was groot watersports in Van Zylsrus die naweek toe die rivier dwarsdeur dié Kalaharidorpie gevloei het.

“So baie mense het ons nog nooit hier gesien nie,” vertel mnr. Jaco Moller, die bestuurder van KLK.

“Hier was regtig nêrens meer ’n staanplek teen die rivier nie. Dit was net mense en bote en vlotte op die water. Waar die boere so vinnig bote gekry het, weet ek wragtag nie.”

Die Kurumanrivier, wat die meeste van die tyd net ’n kalkerige droëloop is, het begin vloei nadat baie swaar reën tussen Kuruman en Vryburg geval het. Dit het so sterk afgekom dat grondpaaie tussen Van Zylsrus en Hotazel dae lank oorstroom is. Die rivier sny Van Zylsrus in twee met die township, skool en polisiekantoor aan die een kant en die koöperasie, hotel en winkel aan die ander kant. Jy kan met ’n handgemaakte vlot (bakkietralies hou jou darem veilig) oor die water geneem word. Maar dit kos ’n stewige R30 per persoon vir ’n eenrigting-kaartjie. As jy bagasie saamneem, moet jy nog ’n paar rand uithaal.

“My drie werkers moes met die vlot oorkom en dit het nie net R90 gekos nie. Nee, R150 vir die trippie, met bagasie ingesluit,” vertel mnr. Danie Lubbe laggend.

Die Kurumanrivier het verlede naweek deur Van Zylsrus gevloei. Foto: Willem van der Berg
Die Lubbe-familie kuier langs die Kurumanrivier. Foto: Willem van der Berg
Die Lubbe-familie kuier langs die Kurumanrivier. Foto: Willem van der Berg
By Leeupan, sowat 35 km wes van Van Zylsrus, spook me. Lorraine de Bruin en haar familie om ’n vlot te prakseer sodat hulle die stroom van 150 m breed kan oorsteek. Foto: Willem van der Berg
By Leeupan, sowat 35 km wes van Van Zylsrus, spook me. Lorraine de Bruin en haar familie om ’n vlot te prakseer sodat hulle die stroom van 150 m breed kan oorsteek. Foto: Willem van der Berg
Mnr. Jan Theart kyk hoe diep die water vloei. Foto: Willem van der Berg
Kurumanrivier
Op die plaas Springputs tussen Van Zylsrus en Askham kan die Brown gesin nie lekker by hulle plaashek uitkom nie. Foto: Juan Brown
Kurumanrivier
Die Kurumanrivier vloei op die plaas Springputs tussen Van Zylsrus en Askham. Foto: Juan Brown

Tussen Van Zylsrus en Askham is heelwat boere nou afgesny van die grondpad wat teen hulle verbyloop, omdat die meeste plaashuise aan die ander kant van die rivier is. By Leeupan, sowat 35 km wes van Van Zylsrus, spook me. Lorraine de Bruin en haar familie om ’n vlot te prakseer sodat hulle die stroom van 150 m breed kan oorsteek.

“Ons is al by plan D en dit het ook nie gewerk nie. Ek het nooit gedink dat ons ooit met so ’n situasie sou sukkel nie. Maar dit is ’n ongelooflike tyd in die Kalahari. Dit is ’n uiters spesiale belewenis om die Kurumanrivier só te sien,” sê De Bruin.

Die voorpunt van die water was gistermiddag (10 Feb) net mooi tussen Van Zylsrus en Askham. Oral langs die rivier was boere en hul families besig om teen die water te kuier. Die moontlikheid bestaan dat die water binne vyf dae tot in Askham kan vloei. Dan sal die partytjie en waterkaskenades vir seker na dié dorpie toe verskuif.

Me. Nandi van Wyk van Askham is baie opgewonde oor dié vooruitsig. “Ons wag hom in. Dit sal ’n groot bohaai wees as daai water hier by ons uitkom. Dit het glo in 1974 laas gebeur.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.68
+0.8%
Rand - Pond
20.18
+0.4%
Rand - Euro
17.06
+0.5%
Rand - Aus dollar
10.89
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,782.28
+1.0%
Silwer
23.69
+2.1%
Palladium
2,079.51
+3.0%
Platinum
1,058.00
+1.7%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,221
+0.0%
Alle aandele
66,792
+0.1%
Hulpbronne 10
63,626
+0.2%
Industriële 25
84,496
+0.2%
Finansiële 15
14,073
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons wees maats
Baie toegewyd. Mense mens. Lief vir natuur en avonture daarin. Lief vir motorfietsry en hengel. Lief vir diere. Gelowige wat lewendige verhouding het met Vader en Jesus en...
Vrede,vreugde en liefde. Het genoeg chaos met my kids so wil lekker rustig kuier met goeie geselskap
Ek is al deur baie in my lewe en het al baie seer gekry, maar ek het die beste lewens lesse daardeur geleer en net sterker op gestaan. Ek het 'n sterk persoonlikheid en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot