AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9714
0,00
CORN
29 Mrt
-
4671
0,00
SOYA
29 Mrt
-
8192
0,00
SUNS
29 Mrt
-
8660
0,00
WEAT
29 Mrt
-
6654
0,00
WMAZ
29 Mrt
-
3990
0,00
YMAZ
29 Mrt
-
4053
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

KZN benoem eerste vroulike Jongboer van die Jaar

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Me. Tammy Williams, ’n piesang-en-makadamiaboer, is aangewys as Toyota en Kwanalu se KwaZulu-Natalse Jongboer van die Jaar. Foto: Verskaf
Me. Tammy Williams, ’n piesang-en-makadamiaboer, is aangewys as Toyota en Kwanalu se KwaZulu-Natalse Jongboer van die Jaar. Foto: Verskaf
Me. Tammy Williams, ’n piesang-en-makadamiaboer, is aangewys as Toyota en Kwanalu se KwaZulu-Natalse Jongboer van die Jaar. Sy is die eerste vrou wat hierdie gesogte toekenning ontvang.

Luidens ’n verklaring deur die KwaZulu-Natalse Landbou-unie (Kwanalu) het Williams haar boerderyloopbaan 12 jaar gelede begin as werknemer op die landgoedplaas Sekela wat naby die internasionale lughawe King Shaka by Durban geleë is.

Hoewel sy geen boerdery-ervaring gehad het nie, het haar bereidwilligheid om te leer daartoe gelei dat sy by piesangproduksie op die landgoed betrokke geraak het. Sy is gou bevorder tot die bestuurder van ’n deel van dié landgoedplaas se piesangboerdery.

“Williams het die geleentheid aangegryp en in die daaropvolgende jare die bestuur van verskeie van Sekela se piesangplase van altesaam 120 ha oorgeneem. In 2013 het sy uitgebrei na makadamia-produksie, wat nou oor 150 ha strek,” lui Kwanalu se verklaring.

Die beoordelaars in KwaZulu-Natal was veral beïndruk met Williams se vasbeslotenheid, wat blyk uit die feit dat sy alles wat sy nou van boerdery weet, van die grondvlak af geleer het.

Sy het baie tegniese aspekte bemeester, pas omgewingsbewuste stappe toe en is betrokke by opheffingspogings in haar plaaslike gemeenskap. Dít het perfek ingepas by die beoordelaars se beoordeling van die deelnemers se bestuurs- en sakefilosofie, tegniese bekwaamheid en algehele visie vir die toekoms van hul landbou-onderneming.

Die verklaring haal Williams aan as passievol oor die bewaring van die natuurlike omgewing en om hierdie rede soek sy voortdurend maniere om die gebruik van insek- en onkruiddoders in haar boerdery tot die minimum te beperk.

“Ek is ’n byeliefhebber en het basiliekruid en ander plante ingebring om goeie insekte na die plaas te lok. Ek maak ook seker dat ons die natuurlike bos en waterweë bewaar om die kwesbare ekostelsels op die plaas te versorg,” sê sy.

“Nadat ek by die tegniese en administrasie-aspekte van boerdery betrokke was, het ek geleer dat dié twee hand aan hand gaan om ’n boerdery doeltreffend te hou. Gevolglik kan baie geld bespaar word wanneer hierdie elemente nie afsonderlik beskou word nie.”

Williams het haar visier daarop gerig om die makadamia- en piesangondernemings te verfyn sodat hulle winsgewender word. Hierdie strategie sal proewe met nuwe makadamia-soorte en meer presiese bestuur vir beter neutgehalte insluit. Die piesangonderneming sal uitgebrei word om by te dra tot werk- en sakegeleenthede in die gemeenskap rondom Sekela.

“Ons bied geleenthede vir ons personeel om by nuwe afdelings betrokke te raak, net soos dit aan my gegun is. Om te sien hoe hul groei en passie vir boerdery ontwikkel en hulle in staat stel om vir hul gesinne te voorsien, is uiters verblydend,” sê Williams.

“Ek is so opgewonde en oorweldig om hierdie toekenning en erkenning ná al die jare te ontvang. Dit is ook wonderlik vir vroue in die algemeen dat ’n vrou dit uiteindelik in KZN gewen het. Dit is ’n voorreg om die eerste vrou te wees wat dit doen.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.1%
Rand - Pond
22.40
+0.0%
Rand - Euro
19.71
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.17
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
958.24
-1.0%
Palladium
1,417.42
+0.8%
Goud
1,964.98
-0.4%
Silwer
23.17
-0.7%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,445
0.0%
Alle aandele
76,047
0.0%
Hulpbronne 10
66,460
0.0%
Industriële 25
102,327
0.0%
Finansiële 15
15,628
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Kom ons sien wat die toekoms inhou..
Saggeaard met 'n passie vir my medemens, ambiseus en geniet die mooi in die lewe. Altyd gereed vir 'n nuwe uitdaging.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot