Suikerriet- en bosbouplase by Mtunzini aan die Noordkus van KwaZulu-Natal word bedreig deur die myngroep Exxaro wat aansoek gedoen het om ’n lisensie om in dié boerderygebied sowat 140 km vanaf Durban te myn.
Die maatskappy is voorlopig in sy spore gestuit nadat die provinsiale departement van landbou sy basiese raamwerkverslag (BAR) afgekeur het.
Exxaro is egter voornemens om ’n vennootskap te sluit met ’n Australiese maatskappy, New Tronox, om die myn te bedryf, sê me. Barbara Chedsey, voorsitter van die Mtunzini-bewarea.
Die groep moet aanvullende verslae indien om aan wetlike voorskrifte te voldoen voor die aansoek weer oorweeg word. Exxaro dreig om Chedsey hof toe te sleep oor beweringe wat sy oor die voorgenome mynbedrywighede gemaak het.
Die myn beoog om meer as 2 000 ton minerale sand per uur in die omgewing te myn wat die gebied heeltemal gaan verwoes, sê sy.
12 Desember 2011