AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4533,2
-66,80
SOYA
03 Feb
-
8645
-2,00
SUNS
03 Feb
-
11515
154,00
WEAT
03 Feb
-
6700,4
-27,60
WMAZ
03 Feb
-
4245,4
-41,60
YMAZ
03 Feb
-
4384
-37,00

KZN: Reën bring talle probleme vir boere

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Brug is vir verkeerd gesluit in die distrik Illovo in die KwaZulu-Natalse Middelande na die swaar reën die afgelope twee dae. Foto: Verskaf deur KwaNalu
'n Brug is vir verkeerd gesluit in die distrik Illovo in die KwaZulu-Natalse Middelande na die swaar reën die afgelope twee dae. Foto: Verskaf deur KwaNalu
Die beesbedryf in KwaZulu-Natal gaan die afgelope ruk gebuk onder verskeie probleme.

Met meer as 100 mm reën wat sedert verlede week oor die provinsie uitgesak het, is vooruitsigte vir die bedryf nie goed nie.

Mnr. Angus Williamson, voorsitter van die KwaZulu-Natalse Rooivleisprodusente-organisasie, sê die reën gaan ’n groot uitwerking op vleisbeeste hê, maar veral melkboere se bedrywighede raak. “Ons is nou in daardie stadium van die jaar wanneer melkboere hul kuilvoer sny en dekgewasse vir winterweiding plant. Uiteraard beteken so ’n groot hoeveelheid reën dat hierdie boere nie in hul lande kan kom nie, wat vertragings meebring. Dit gaan chaos veroorsaaak vir boere wat kuilvoer moet sny en winterweidings plant.”

Williamson sê na gelang van wat in die komende weke gaan gebeur, kan die nat toestande boere se werksaamhede met tot ’n maand vertraag. “Daar word nog reën voorspel en ons het reeds ’n nat seisoen gehad. Een van die melkboere met wie ek gepraat het, het gesê dat hy reeds twee keer stukke van sy grond vir winterweiding beplant het. Die eerste keer het die nat toestande daartoe gelei dat die sade nie ontkiem het nie, en nou het hy weer baie reën gehad. Met kunsmis- en saadpryse wat so hoog is, het dit ’n groot nadelige impak op daardie boer se finansies.”

Ook natuurlike weidings, wat normaalweg onder goeie reën gedy, loop deur. “Jy moet onthou, daar loop nou fonteine waar daar nie voorheen fonteine was nie. Dit maak weidings moeilik begaanbaar, modderig en dit lewer nie die gehalte wat dit moet nie. Terselfdertyd is die hooi wat hieruit gesny word, ook nie van die standaard wat dit moet wees nie.”

Benewens die uitbrekings van bek-en-klouseer besorg insekgedraagde siektes, veral drie-dae-stywesiekte, boere probleme. “Ek het met ’n boer van Underberg gepraat wat meer as honderd koeie weens drie-dae-stywesiekte verloor het, selfs nadat hulle ingeënt is. Dit is ’n besonder moeilike jaar met ons diere wat al amper soos speldekussings lyk weens die hoeveelheid inentings wat ons teen insekgedraagde siektes moes toedien.”

Probleme met infrastruktuur veroorsaak verdere probleme vir boere, sê Williamson.

“Tradisioneel is die speenkalfprys hierdie tyd van die jaar laer, maar met al die ander kwessies wat ook opgeduik het, staan ons boere werklik voor ’n groot probleem. Ons hoop dat toestande sal verbeter, want tans gaan dit baie moeilik.” 
oorstroom
Shongweni se Marketweg-pad het weggespoel. Foto: Verskaf deur KwaNalu
water, reën
Water staan in die lande by Zunckel Farms in die distrik WInterton.
Umlazirivier
Die Umlazirivier vloei baie sterk na die swaar reën. Foto: Verskaf deur KwaNalu
oorstroom
Water spoel uit die berge in die distrik Winterton na sowat 100mm se reën oor die naweek. Mnr. Egon Zunckel sê hy het die afgelope drie maand 930mm gemeet.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.12
-0.2%
Rand - Pond
20.88
+0.1%
Rand - Euro
18.66
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Platinum
1,025.15
+1.4%
Palladium
1,666.79
-0.2%
Goud
1,912.97
+0.0%
Silwer
23.47
+0.0%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,345
-0.4%
Alle aandele
79,523
-0.4%
Hulpbronne 10
73,628
-1.4%
Industriële 25
102,800
+0.2%
Finansiële 15
16,476
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n maat
Dis nie maklik om oor jou self teskryf nie , maar hier gaan ons ! Ek is opreg en kan vertrou word , hou glad nie van om eimand seer temaak of mislei nie , ek is ook ma net n...
Ek glo ek is n prag mens van binne en buite
Ek is n mens ,mens en al my vriende dink ek is n prag mens, baie lief vir mense. Ek love diep see visvang, kamp, vakansie by die see, Partykeer in Hotelle en saam met my familie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot