AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

KZN-vloede: Meer as 2 500 ha suikerriet beskadig

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Tongaat Hulett verkoop sy suikerbedrywighede in Eswatini. Foto: Verskaf
Tongaat Hulett verkoop sy suikerbedrywighede in Eswatini. Foto: Verskaf
Die onlangse vloede in KwaZulu-Natal het grootskaalse skade aan suikerrietlanderye gerig.

Volgens die SA Suikerrietkwekers beloop die totale skade tans R222,9 miljoen.

Volgens aanvanklike ondersoeke deur die staat is nie net suikerrietlanderye en plaasinfrastruktuur ernstig beskadig nie, maar ook toegangsroetes wat gebruik word om suikerriet aan meulens te lewer.

Meer as 300 suikerrietkwekers het teen gistermiddag in ’n meningsopname aangedui dat meer as 2 500 ha suikerriet beskadig is en herplant sal moet word. Dié skade beloop R194,9 miljoen. Daarby kan R27,9 miljoen se skade aan plaasinfrastruktuur gevoeg word.

Dr. Thomas Funke, uitvoerende hoof van die SA Suikerrietkwekers, sê dié katastrofiese skade tref verskeie suikerrietkwekers net toe hulle begin herstel ná die brandstigting in die onluste in Julie verlede jaar.

As gevolg van die onluste is 554 000 ton suikerriet verbrand en het die suikerrietbedryf verliese van R84 miljoen gely. Funke sê die nuutste terugslag kan die finale uitklophou vir honderde suikerrietkwekers beteken, veral kleinskaalse kwekers wat waarskynlik nie van die verliese sal herstel nie.

Die SA Suikerrietkwekers verwelkom die afkondiging van ’n nasionale ramptoestand en sê dit is noodsaaklik dat die suikerbedryf ook die nodige hulp ontvang aangesien meer as ’n miljoen mense se lewensbestaan van dié bedryf afhanklik is.

Daarom het die organisasie dringende finansiële en infrastruktuurverligting by die staat versoek sodat suikerrietlanderye herplant en plase herbou kan word sodat hulle teen die volgende seisoen weer produktief is.

Die suikerrietkwekers het spesifieke paaie en brûe aangedui wat vir herstel geprioritiseer moet word sodat werkers toegang tot plase kan hê en kwekers suikerriet na meulens kan vervoer. Die organisasie het ook ’n tabel met elke kweker en meulgebied se behoeftes saamgestel sodat hulpbronne gestuur kan word na waar dit die nodigste is.

Volgens die Suid-Afrikaanse boere-ontwikkelingsvereniging (Safda) is die meeste boere se kontantgewasse en aanplantings vir huishoudelike verbruik, soos groente, vernietig. Dit is veral ’n groot slag vir kleinboere. As gevolg daarvan het hulle nie net hul besighede nie, maar ook kos vir hul families verloor. Daar was ook verliese aan insette soos kunsmis en chemikalieë.

Boere in besproeiingsgebiede het volgens Safda ook ernstige skade aan besproeiinginfrastruktuur gely, soos pype en pompe wat verspoel het. Dit sal na beraming R42 miljoen kos om dié skade te herstel. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.0%
Rand - Euro
19.34
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot