Die huidige lae voorraad van mielies en koring in Suid-Afrika en ook internasionaal kan lei tot baie hoë voedselinflasie.
Volgens mnr. Jannie de Villiers, hoof van Graan SA, is daar druk op internasionale voedselvoorraad wat as gevolg van die vraag/aanbod-meganisme veroorsaak dat kopers meer moet betaal. Hoër oliepryse lei ook tot ‘n groter vraag na mielies vir die produksie van biobrandstof, berig Sake24.
Die mielieprys het die afgelope ruk met meer as 50% gestyg, sê De Villiers. Die volle styging is egter nog nie aan die verbruiker deurgegee nie.
Mielie-voorraadvlakke is tans laag terwyl die volgende bemarkingseisoen eers in Mei begin. As gevolg van die vakansietyd behels huidige verhandeling tans klein volumes en sal die werklike stand van sake met voorraad teen volgende week duideliker wees.
Bron: Sake24
5 Januarie 2012