AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Land Bank: Agri Noord-Kaap vra boere om hom as bemiddelaar te nader

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Nicol Jansen, voorsitter van Agri Noord-Kaap op die organisasie se onlangse kongres in Kimberley. Foto: Charné Kemp
Mnr. Nicol Jansen, voorsitter van Agri Noord-Kaap op die organisasie se onlangse kongres in Kimberley. Foto: Charné Kemp
Onvoldoende landboufinansiering en -versekering, verswakkende infrastruktuur, vrae oor volhoubare elektrisiteitsvoorsiening en veranderende klimaatstoestande is van die probleme wat Noord-Kaapse boere in die oë staar.

Só het mnr. Nicol Jansen by die onlangse jaarlikse kongres van Agri Noord-Kaap in Kimberley gesê, waar hy ook as voorsitter herkies is.

Volgens hom benodig die landbousektor, wat die tweede grootste bydrae tot die BBP lewer en die grootste werkverskaffer in die provinsie is, sowat R200 miljard aan finansiering. “Die landelike ekonomie is afhanklik van die landbousektor, veral vir werkskepping. Sonder ’n gesonde landelike ekonomie neem verstedeliking, armoede, sosiale verval en misdaad toe.

“Die regering hou nie meer by die stigtingsdoelwitte van die Land Bank nie, wat pasgemaakte en volhoubare landboufinansiering ten doel gehad het. Die Land Bank ding nou ook in die finansiële sektor met ander finansiers mee. Pleks van volgehoue belegging net in die landbousektor moet die Land Bank politieke doelwitte nastreef ten koste van ekonomiese beginsels en risikobestuur. Daar is nie meer pasgemaakte en volhoubare landboufinansiering beskikbaar wat aanpas by riskante landbouproduksietoestande nie. Die terugneem van kredietboeke van landboumaatskappye veroorsaak dat die sektor nie beter gediens word nie.”

Intussen vergader Agri Noord-Kaap gereeld met die Land Bank op provinsiale en nasionale vlak om die kwessie te bespreek. “Ons bespreek ook die omvang van slegte skuld in die Noord-Kaap en die hantering daarvan, asook alternatiewe oorwegings om likwidasie en sekwestrasie te beperk tot die absoluut onafwendbare. Ek doen ’n beroep op boere wat voel die Land Bank en sy prokureurs span boelietaktiek teen hulle in, om ons as bemiddelaar te nader. Daar is bevredigende vordering in sekere gevalle waarin betrokke boere wat probleme ervaar, ander oplossings en skikkings met die Land Bank bespreek het. Die Land Bank het iemand aangewys wat die betrokke boere met hul lenings en die bepalings en voorwaardes daarvan kan bystaan. Dit is in gevalle waar prokureurs aan albei kante betrokke is en regstreekse kommunikasie die met Land Bank bemoeilik word.”

Paaie

Die Noord-Kaap het 22 000 km grondpaaie, maar die provinsiale departement van paaie en openbare werke kry ’n beperkte nasionale begroting vir padinstandhouding. “Dit is onafwendbaar dat die private sektor en die landbou, boere en gemeenskappe betrokke moet raak om verdere agteruitgang te stuit. Agri Noord-Kaap het reeds herstelwerk op die R369-roete met die samewerking van die departement van paaie en openbare werke gedoen, en boere het die Hopetown-Douglas-pad opgeknap. Elders in die provinsie doen boere dieselfde. Ek pleit by die departement om meer betrokke en ondersteunend te wees en nie aanspreeklikheid na burgerlikes af te wentel nie, want dit bly die departement se verantwoordelikheid.

“Ons het ’n suksesvolle pleidooi gelewer dat die besige provinsiale roetes met swaar vragmotorverkeer vanaf myne na die hawens aan Sanral oorgedra word. Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, het op nasionale vlak onderhandel en die voorstel afgeteken. Ons wag dat mnr. Fikile Mbalula, minister van vervoer, die oordrag van 1 000 km teerpad bekragtig. Sodra Sanral die paaie oorneem, sal padonderhoud begin wat verkeersopeenhopings kan veroorsaak. Ons onderhandel met die regering dat meer vragte op vragtreine vervoer word om die druk op paaie te verlig. Dit kan ook meer werksgeleenthede meebring en die mynbousektor se winsgewendheid verbeter. Die landbou- en toerismesektor sal ook baat vind.”

Hy verwelkom Saul se inisiatief om die Boegoebaai-hawe vir uitvoer uit te brei en nuwe spoorinfrastruktuur te bou. Produsente in die Benede-Oranjerivier kan vervoerkoste met 50% besnoei, wat die provinsiale ekonomie sal stu.

Onvoltooide vloedwalle

Die onvoltooide vloedwalle in die Benede-Oranjerivier bekommer Jansen omdat dit onversekerbare risiko’s soos sikliese vloede vir boere vergroot. Die vloedwalle is ontwikkel om permanente gewasse en werkskepping te bevorder. “Die oorblywende 30% van die projek moet voltooi word. Me. Mase Manopole, LUR vir landbou, het nog nie ’n vergadering met ons bevestig om die kwessie te bespreek nie.”

Hy is verheug dat Agri Noord-Kaap met die samewerking van die regering sowat 131 boere, 244 plaaswerkers en 199 kleinskaalse boere in brandbestryding en -beheer opgelei het. GWK en die Ekapa-mynmaatskappy het ook finansieel bygedra.

Veranderende klimaats- en weerpatrone is nog ’n kwelling, terwyl die versekeringsbedryf wegskram om sekere risiko’s te verseker. “Boere word aan nie-versekerbare risiko’s blootgestel. Ons moet herbesin oor volhoubare risikobestuur.”

Ná die droogte is veegetalle laag en die aankoop van aanteelkuddes veroorsaak kontantvloeidruk, hoewel verhoogde vleispryse dit buffer.

Sowat 90% van die provinsie het bogemiddelde reënval gehad wat veld en weidingstoestande verbeter het. Die noordelike gebiede van die provinsie en sekere Karoo-streke het die afgelope seisoen tot 200% van hul langtermyngemiddelde reënval gehad. Die Richtersveld, Concordia, Steinkopf tot by Vioolsdrift het egter nog droogte. Intensiewe boerderye in besproeiingsgebiede het vloede getrotseer.

“Kunsmispryse het verdriedubbel. Die sekerheid en bekostigbaarheid van elektrisiteit is kommerwekkend. Sakemodelle is onder druk, wat werkskepping en die landelike ekonomie kan benadeel. Indien mense verarm en werkloosheid toeneem, kan mense nie meer voedsame maaltye bekostig en basiese lewenstandaarde handhaaf nie. Volhoubare landbou kan gekniehalter word. Die regering moet ag slaan op Agri SA se voorstel oor die nasionale minimum loon. Dit is beter dat meer mense in gemeenskappe en huishoudings werk het, as wat net een lid van ’n huishouding ’n inkomste het, maar die res is werkloos,” sê Jansen.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Let's meet for 🍷🍷We will know if there is a connection
I love too make a fire for the braai, open a bottle of red, enjoy lots of laughtterr but can also do the romantic dinner or picnic in the bush. Can go on for ever here but then...
Ek glo ek is n prag mens van binne en buite
Ek is n mens ,mens en al my vriende dink ek is n prag mens, baie lief vir mense. Ek love diep see visvang, kamp, vakansie by die see, Partykeer in Hotelle en saam met my familie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot