AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Land Bank: Klante kry miljoene terug

Die Land Bank het, sedert hy bewus geword het van foutiewe renteberekenings tot einde verlede jaar, miljoene ten gunste van boereklante teruggeskryf.

Die Land Bank het sedert 1 September 2009 (toe die bestuur bewus geword het van die foutiewe renteberekenings) tot einde verlede jaar altesame R56,575 miljoen ten gunste van boereklante teruggeskryf.


Mnr. Wolf Meyer, finansiële hoof van die bank, het aan Landbouweekblad gesê die bank het tot dusver navrae van 2 624 klante met gesamentlik 3 950 rekeninge ontvang. Hoewel alle navrae nog nie afgehandel is nie, is 3 553 van die foutiewe rekeninge reggestel.


Die meeste van dié rekeninge (2 758) is in die huidige boekjaar afgehandel. Die navrae het ook navrae oor renteberekening ingesluit.


Hoewel regstellings hoofsaaklik betrekking gehad het op die foutiewe verhaling van geld en die rente daarop, was die herberekening van rente ook gedoen op lenings van klante wat met die bank verskil het. “Klein aanpassings, indien enige, was nodig,” sê Meyer.


Hy gee egter toe dat sommige klante steeds nie saamstem met die bank se berekenings nie, maar sê dat dit weldra in die hof getoets sal word. Volgens Meyer het die probleem om ’n paar redes ontstaan.


Die bank het sy renteberekeningsmodel in 2000 vanaf enkelvoudig na saamgesteld verander.


Om egter te keer vir die effek van rente-op-rente, is die nominale koers verlaag. Die verandering het talle klante ongelukkig gemaak en dié dispuutpunt sal eersdaags in die hof getoets word.


Nog ’n rede vir die aanpassing van rekeninge is dat die Land Bank-wet in 2002 verander het.


Die verandering het vir die eerste keer voorsiening gemaak vir die betaling van administrasiegeld en boetes. Hoewel bestaande leningsooreenkomste nie voorsiening vir die betaling van sodanige geld vervat het nie, het die bank foutiewelik heffingsgeld op sulke lenings gevra.


Dié fout word tans reggestel.


Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 28 Januarie 2011.


25 Januarie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.14
-0.3%
Rand - Pond
20.99
-0.4%
Rand - Euro
18.74
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,016.21
-0.9%
Palladium
1,676.66
+0.4%
Goud
1,915.23
+0.1%
Silwer
23.48
+0.0%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
73,876
+0.3%
Alle aandele
80,035
+0.3%
Hulpbronne 10
74,849
+0.2%
Industriële 25
103,308
+0.7%
Finansiële 15
16,500
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
Alleen maar gelukkig
Ek is n sosiale spontane mens wat hou van lag en goeie geselskap. Ek werk hard, soms lang ure, maar hou ook van rustig wees. Ons is nie veronderstel om alleen deur die lewe te...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot