AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Land Bank kry vet lening oorsee

Die grootste enkele transaksie wat die Land Bank nog aangegaan het is pas met die oorsese Standard Chartered onderteken.

'n Internasionale bankgroep en 'n afdeling van die Wêreldbank het hul vertroue in die langtermyn-toekoms van Suid-Afrika en sy landbousektor met 'n langtermynlening aan die Land Bank bevestig.

Standard Chartered en die Land Bank het die leningsooreenkoms op 12 Junie geteken, enkele dae nadat die kredietgraderingsagentskap Moody’s Suid-Afrika se beleggingstatus afgegradeer het.

Volgens die ooreenkoms leen Standard Chartered 300 miljoen Amerikaanse dollar (R3,84 miljard teen 'n wisselkoers van R12,80) aan die Land Bank, wat oor 'n tydperk van tien jaar terugbetaalbaar is.

Gewaarborgde lening

Die lening word gewaarborg deur die Multilateral Investment Guarantee Agency (Miga), die Wêreldbank se afdeling vir politieke risikoversekering en kredietbevordering.

Mnr. TP Nchocho, uitvoerende hoof van die Land Bank, het met die ondertekening gesê hy is baie dankbaar dat die Land Bank, te midde van die onseker politieke en ekonomiese tye waardeur Suid-Afrika gaan, steeds vertroue by beleggers en finansieringsverskaffers kon wek.

“Ons neem dit nie ligtelik op nie. Ons glo dit is 'n belangrike verklaring van vertroue, nie net in ons leierskap nie, maar in wese ook in die strategie en prestasie van die organisasie.”

Moet landbou laat groei

Die Land Bank het volgens Nchocho 'n moeilike taak omdat hy die landbousektor moet laat groei, maar tegelykertyd ook groter inklusiwiteit moet bevorder.

Hiervoor het hy toegang tot die regte soort finansiering nodig - ontwikkelingsfinansiering het kapitaal nodig wat oor 'n lang termyn afbetaal kan word.

Nchocho se boodskap aan die bank se internasionale vennote was:  “Wees gerus, jul geld is in die hande van mense met 'n onwrikbare verbintenis tot gesonde banksake en ontwikkelingsfinansiering.”

Vertroue in die Land Bank-span

Mnr. Saif Malik, Standard Chartered se Afrika-hoof, het sy vertroue in Nchocho en sy span uitgespreek. Met die lening kry die Land Bank “asemhalingsruimte” en beweeg hy van korttermynlenings, wat beperkend kan wees, na langtermynfinansiering teen 'n mededingende prys.

Malik het ook die belangrikheid van die landbousektor benadruk en gesê dit is 'n reuse-aandrywer van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Hy het aan Landbouweekblad gesê as belegger kyk Standard Chartered op lang termyn na Suid-Afrika. “Ja, daar is 'n tegniese resessie in Suid-Afrika, 'n mens kan dit nie wegsteek nie, dit is wat dit is.

“Maar daar is beslis bedrywe in Suid-Afrika wat steeds redelik goed doen. Die landbou is een van hulle. Daar was goeie reënval en 'n goeie oes word verwag.”

Grootste transaksie

Mnr. Bennie van Rooy, finansiële hoof van die Land Bank, het gesê die lening, wat die grootste enkele transaksie is wat die bank tot nou gesluit het, is danksy Miga se betrokkenheid relatief bekostigbaar.

Die bedrag sal onmiddellik na rand oorgeskakel word en die rente sal randgebaseer wees, wat dit meer voorspelbaar maak.

Die Land Bank sal sowat 30% van die geld gebruik om sy balansstaat – wat deur korttermynfinansiering verswak word – te versterk, sowat 35% vir korporatiewe kliënte, en 25% vir ontwikkelingsfinansiering. Die lening is deel van die bank se pogings om meer langtermynfinansiering te kry.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-1.3%
Rand - Pond
20.11
+0.1%
Rand - Euro
17.64
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,713.07
-0.2%
Silwer
20.66
+0.1%
Palladium
2,253.50
-0.2%
Platinum
925.00
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot