AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Land Bank: Nuwe plan om boere te help

Die Land Bank praat met die Regering oor ’n nuwe manier om boere deur die droogte te help.

Samespreking is onderweg tussen die Land Bank, die Nasionale Tesourie en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye om te sien of die Regering waarborge of subsidies op rentekoerse van lenings vir droogtegeteisterde boere kan toestaan.

’n Aanbeveling hieroor is reeds na die Tesourie gestuur, het mnr. Tshokolo Nchocho, uitvoerende hoof van Land Bank, aan die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye gesê.

Toe die droogtesituasie bespreek is, het lede van dié portefeuljekomitee dit onomwonde gestel dat boere te hulp gesnel moet word sodat voedselsekerheid in die land beskerm word. Verskeie provinsies het die komitee ingelig dat sommige boere, wat hulp broodnodig het, weens die uitleenkriteria nie toegang tot die droogtehulp se R400 miljoen kon kry nie. Kommer is ook uitgespreek dat min boere die geleentheid gebruik.

Die Land Bank het dié finansiering van die korporasie vir nywerheidsontwikkeling bekom en bied lenings teen ’n vergunningskoers van prima minus drie persentasiepunte aan. Hierdie lenings kan tussen een tot tien jaar terugbetaalbaar wees, na gelang van die doel van die lening en die kliënt se omstandighede.

Die lenings mag aangewend word vir die rehabilitasie van produksie, werkende kapitaal en operasionele uitgawes (sodat verdere verliese aan huidige werksaamhede beperk word), om kuddes aan te vul, om vir die volgende seisoen gereed te maak en vir oorlaatskuld en konsolidasie van skuld.

Reddingsboei

Nchocho het aangedui dat 53 aansoeke ter waarde van net meer as R65 miljoen teen 31 Augustus goedgekeur is, sedert konsessielenings in Maart vanjaar toegestaan is.

Die takke van die bank verwerk tans nóg 52 aansoeke van sowat R194 miljoen. “Daar was nog nie ’n deeglike opname van hierdie leningsfasiliteit nie. “Ons verstaan dat daar boere is wat bang is om meer skuld aan te vat, wat hulle dalk verder in die moeilikheid bring. Hulle verkies om eerder ondersteuning in die vorm van ’n toelaag van die Regering te kry.”

Hy het gesê die droogtehulplenings wat die bank spesiaal toegestaan het, is nie daar om mee te ding met toelae wat die Regering in plek het om boere te help nie. “Dit was bykomend.” Nchocho het ook verduidelik dat die bank nie boere kan verplig om die reddingsboei wat hy ingegooi het, te gebruik nie.

“Ons as ’n bank moet nie lenings in die keel van boere afdruk as hulle in die toekoms dit nie kan skouer nie.” Hy het benadruk dat die landbousektor se onmiddellike uitdaging die herstel ná die droogte is.

Die leningsboek van die Land Bank staan nou op R38 miljard. Dit verteenwoordig die lenings wat die bank aan boere toegestaan het. Wanpresterende lenings is steeds binne die toleransievlak (7%) van die bank.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.61
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.46
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,708.40
-1.1%
Silwer
20.32
-3.5%
Palladium
2,308.32
-0.6%
Platinum
920.76
-1.4%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,280
-0.9%
Alle aandele
65,683
-1.0%
Hulpbronne 10
63,517
-1.6%
Industriële 25
79,613
-0.6%
Finansiële 15
13,956
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot