AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Land Bank: Transformasie is die pad vorentoe

akkreditasie
Die Land Bank het ’n voorlegging aan die parlement se staande komitee op bewilligings gedoen.

Die leningsboek van die Land Bank sal ’n massiewe ommekeer teen die 2026-boekjaar bereik met die wegbeweeg van sy korporatiewe agenda na een wat meer op ontwikkeling en transformasie gemik is.

Dr. Litha Magingxa, uitvoerende hoof vir landbou-ekonomie by die Land Bank, het gesê in 2012 het die leningsboek se ontwikkelings-en-transformasiegedeelte op 4% gestaan. Met verloop van jare het dit gegroei tot 22% aan die einde van die 2020-’21-boekjaar.

“Wanneer ons na ons modelle kyk, verwag ons dat ontwikkeling en transformasie van 55% tot 60% van die leningsboek sal vorm teen die einde van die 2026-boekjaar.” Die bank het ’n voorlegging aan die parlement se staande komitee op bewilligings gedoen oor die besteding van die ingrypingsgeld wat die tesourie in die aansuiweringsbegroting in Oktober 2020 en in die Februarie 2021-begroting toegestaan het om hom met sy likiditeitsprobleme te help.

Die nasionale tesourie het in Februarie R7 miljard aan die bank bewillig, wat oor drie boekjare oorbetaal sal word, om hom met sy likiditeitsprobleme te help. Hierdie hulp kom egter met voorwaardes wat verseker dat die entiteit op ’n volhoubare en stabiele ontwikkelingspad kom. Met die aansuiweringsbegroting is R3 miljard toegestaan.

Die staat wil sien dat die bank sy mandaat aanpas sodat hy meer toegespits is daarop om opkomende swart boere te ondersteun, asook in besonder vroue en jong mense om seker te maak dat die ekonomiese aktiwiteit en die markaandeel van swart mense in die landbou-ekonomie kan toeneem.

Transformasieboek

Me. Dipuo Peters, ANC-LP, wou weet watter persentasie swart opkomende boere van die leningsboek uitmaak en ook waar sy teenwoordigheid in Suid-Afrika is. Oor die afgelope vier en ’n half jaar het die transformasieboek met 130% gegroei. Die ontwikkelingsboek het beskeie groei getoon omdat verliese bedwing moes word, en weens die afskaffing van finansiering vir toelae.

Magingxa het gesê daar is 980 of 24% swart boerderyondernemings in die leningsboek teenoor 3 151 korporatiewe en kommersiële boere. “Dit is hier waar ons in die toekoms ’n beduidende verandering gaan sien.”

Wanneer na die waarde van die leningsbedrae gekyk word, gaan minder as 9% vir swart boere.

Bykans die helfte van die leningsboek gaan vir graan, gevolg deur vee en dan ander landboubesighede. Die resultaat is dat die meeste van die leningsboek gekonsentreer is in die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes, en tot ’n minder mate in die Noord-Kaap en Limpopo. Baie van die korporatiewe kliënte is in Gauteng aangesien hul hoofkantoor daar is, maar die werklike landboubedrywighede vind elders plaas.

Mnr. Sydney Soundy, uitvoerende bestuurder vir strategie en kommunikasie by die Land Bank, het gesê dat die bank nie aan die gemengde finansieringskema, wat ’n toelae- en leningskomponent het, kon deelneem nie omdat hy nie die nodige kapitaal het om nuwe kliënte aan te neem nie.

Oplossing

Mnr. Ayanda Kanana, uitvoerende hoof van Land Bank, het gesê leners het nog nie die oplossingsvoorstel aanvaar nie. Die voorstel sluit in die skei van die balansstaat in ’n korporatiewe en kommersiële besigheidsportefeulje en ’n portefeulje vir ontwikkeling en transformasie. Suid-Afrikaanse leners se opsie is beperk tot die korporatiewe en kommersiële portefeulje en ontwikkelingsfinansiers tot die portefeulje vir ontwikkeling en transformasie. Die leners het ’n onafhanklike hersiening versoek voordat hulle aan die aanspreeklikheidsoplossing sal deelneem.

Kanana het gesê die duur van die onafhanklike hersiening sal bepaal wanneer die ooreenkoms met leners onderteken word. Daar word nou met die tenderproses vir die hersiening begin.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot