Daarmee saam is die lang verwagte aanhoor van die Land Bank se teenaansoek dat die boer, mnr. Carel van der Merwe, se sakereddingsplan as onwerkbaar verklaar word, weer uitgestel. Dit sou gister (Donderdag) aangehoor word.
Van der Merwe boer op 80 000 ha met skape om Van Wyksvlei. Sy trust en maatskappye skuld die Land Bank meer as R80 miljoen. Sy aansoek dat regter Mpho Mamasobo haarself onttrek, is nog ’n wending in die likwidasieproses wat vele hofaansoeke en uitsprake meegebring het.
Die saak het vroeër opspraak gemaak omdat die kurator/likwidateur se wagte wat Van der Merwe se bates moes oppas, by die verkeerde plaas opgedaag het.