AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Land Bank verwerp beweringe oor Noord-Kaapse voorval

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Land Bank sê hy het in ’n ondersoek bevind dat daar geen bewyse is vir bewerings dat hy onwettig of oneties opgetree het of onvanpaste of onwettige praktyke gevolg of stappe gedoen het in ’n beweerde voorval in die Noord-Kaap nie.

Die bank noem nie enige boer se naam nie, maar sy verklaring volg ná berigte dat sekuriteitswagte op ’n verkeerde plaas opgedaag het om in opdrag van likwidateurs bates van mnr. Carl van der Merwe te beveilig. Daar is op sosiale media en in verklarings beweer die bank tree hardhandig op teen sukkelende boere en roep lenings te vroeg op.

Die bank sê in ’n lang verklaring hy het die beweringe in ’n ernstige lig beskou en die feitelike korrektheid daarvan ondersoek.

Die kliënt van die bank wat by die beweerde voorval betrokke was, het saam met sy ander maatskappy borg gestaan vir die maatskappy en sy trust se verpligtinge. Die maatskappy en trust is debiteure van die bank, nadat hulle aanvanklik debiteure was van ’n tussengangermaatskappy van die bank. Die tussenganger se ooreenkoms met die bank is op 30 September 2021 beëindig.

Die debiteure het rondom Oktober 2018 nie hul betalerverpligtinge rakende ’n Land Bank-lening nagekom nie. Na die bank se wete het die genoemde tussenganger probeer om die kliënt te help om ’n moontlike oplossing te vind voordat regstappe ingestel word. Dit het die moontlike herstrukturering van die skuld ingesluit. Die pogings het misluk. 

Formele aanmanings in 2020

Die bank sê toe dit duidelik word dat die kliënt nie verder gehelp kon word nie, het die tussenganger, deur sy prokureurs, namens die bank met ’n regsproses begin om die uitstaande bedrae verskuldig aan die bank in te vorder. Formele aanmanings is laat in 2020 aan die debiteure gestuur.

Nadat die aansoeke vir likwidasie en sekwestrasie toegestaan is, het die meester van die hooggeregshof voorlopige likwidateurs/trustees aangestel. Hulle het kragtens wetgewing sekere magte en verpligtinge.

Die trustees se aanvanklike plig, nadat die sekwestrasie toegestaan is, is om bates van die insolvente debiteur te identifiseer en bewaar tot voordeel van al die krediteure. Die trustees het ’n veiligheidsmaatskappy aangestel om die bates te beskerm. Dit was dus nie die Land Bank of sy regsverteenwoordiger wat die maatskappy aangestel het nie.

Die tussentydse trustees het die balju van die hooggeregshof opdrag gegee om op die bates van die insolvente boedel beslag te lê en dit te verwyder.

Die bank verstaan dat die balju, vergesel van ’n prokureur van die Land Bank se regsverteenwoordiger as waarnemer, rondom Junie vanjaar die kliënt se plase besoek het om op die bates beslag te lê, hangende die aanstelling van die finale likwidateur(s)/trustee(s).

Die bank sê ’n mens moet in ag neem dat sedert die aanstelling van die tussentydse likwidateurs/trustees, die hele proses rakende die kliënt deur hulle beheer is, en nie deur die bank of sy prokureur nie. “Die betrokke kliënt hou aan om in die hele proses skuld op die Land Bank te plaas, hoewel hy deur die tussentydse likwidateurs/trustees ingelig is dat die Land Bank net as krediteur in insolvensieverrigtinge betrokke is, maar nie die proses beheer nie.

“Die Land Bank het van die tussentydse likwidateurs/trustees verneem dat in hul proses om beheer te neem van die kliënt se bates, soos deur die wet vereis word, daar geen samewerking van die kliënt af was om al hierdie bates te identifiseer nie en om die finansiële state van die betrokke entiteite in te dien nie.

“Die Land Bank is verder ingelig dat, in die tydperk sedert die likwidasiebevel deur die hooggeregshof toegestaan is, die kliënt betrokke was by die slag van lewende hawe (skape) en verkope daarvan, in ’n tyd toe dié bates veronderstel was om vir die krediteure beveilig te word.”

Die tussentydse likwidateurs ondersoek dit.

Veiligheidswagte

Die bank sê hy is bewus dat as deel van die proses om die krediteure se bates te beveilig, veiligheidswagte dalk by die verkeerde eiendom geplaas is omdat gedink is dat dit deel was van die bates onder beheer van die tussentydse likwidateurs/trustees. Die bank was nie hierby betrokke nie en empatiseer met partye wat ongerief as gevolg hiervan verduur het.

Die bank sê in die lig van al die bogenoemde inligting is die beweringe waaroor berig is, ongegrond en word daarom verwerp.

“Die bank sal voortgaan om in die belang van al sy belanghebbers op te tree, insluitend sy kliënte, krediteure en die aandeelhouer, om debiet aan hom verskuldig in te vorder in ooreenstemming met die toepaslike wette.”

Die bank sê bates waarop beslag gelê is, word deur ’n billike en oop proses verkoop, insluitend deur veilings, om te verseker dat markverwante waardes behaal word, in die belang van die bank en die kliënte wat geraak word.

Die bank sê verder sy benadering tot die invordering van skuld en die regstelling van wanbetalings was nog altyd eerder gerig op die vind van langtermyn- haalbare oplossings as om gretig te wees om lenings op te roep.

Die bank bied ’n diens vir herstrukturing voordat regstappe gedoen word. Die oproep van lenings is volgens die bank altyd die laaste uitweg, wanneer alle haalbare pogings misluk om die kliënt se terugbetalingsvermoë te herstel. “Dit is die benadering wat die bank met al sy lewendehawe-boerekliënte gevolg het wat deur die uitgerekte droogte in die Noord-Kaap geraak is,” luidens die verklaring.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
+0.1%
Rand - Euro
17.37
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Looking for authentic people
Ek is lojaal Hardwerkend Hou nie van oneerlikheid nie The slower the better - ons lewe in n kits wereled waar mense te vinnig dinge wil hé Alles in die Lewe is n proses Tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot