AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Landbou: Gemengde reaksie op begroting

Landbou-organisasies sê hoewel hulle begrip het vir die ekonomiese realiteit, is hulle bekommerd oor sekere kwessies.

Lede van landbou-organisasies sê hoewel hulle begrip het vir die feit dat mnr. Pravin Gordhan, Minister van Finansies, nie baie beweegruimte rakende die nasionale begroting gehad het nie, bestaan kommer oor verskeie kwessies. Die TLU SA sê wat hom die meeste bekommer, is die toename in staatskuld.
 
Die organisasie sê luidens ’n verklaring as die Regering “staatsdiefstal” beter bekamp het, sou dit nie nodig gewees het om geld te leen nie. Die staat beoog tans om meer uit te gee as wat hy inkry, en dat dié oorbesteding word ’n patroon. Die nodige geld sal met lenings bekom moet word en dié lenings sal terugbetaal moet word.
 
Dié terugbetalings gaan moeiliker word weens die onttrekking van beleggings as gevolg van die arbeidsonrus in veral die mynbou en die landbou. Die landboubedryf herstruktueer weens hoër arbeidskostes. Dit kan na verwagting tussen 300 000 en 500 000 werksgeleenthede kos. “Die staat maak die land al hoe minder mededigingend met sy beleid,” lui die verklaring.
 
Kommer oor brandstofheffing
Volgens die TLU SA gaan die verhoging in die brandstofheffing ’n ekonomiese demper wees, wat veral die landbou hard gaan tref. “Die lae waarde van die rand en die hoë olieprys het reeds gelei tot rekordhoë brandstofpryse. In die lig daarvan is die bykomende 23c aan brandstofheffings onvanpas.”
 
Mnr. Louis Meintjes, voorsitter, sê die land het ekonomiese stabiliteit nodig en kan geen finansiële eksperimente bekostig nie. “Die landbou kan ’n wesenlike bydrae lewer tot ekonomiese stabiliteit, maar dan moet die landbou nie as proefkonyn gebruik gaan word vir mislukkende politieke doelwitte nie.”
 
Agri SA sê op sy beurt weens die ernstige kostedruk waaronder die landbousektor verkeer, kan die verhoogde heffing beslis nie verwelkom word nie. Die organisasie meen dat die heffing wel kleiner is as wat verwag is in die lig van die druk waaronder die Regering verkeer.
 
Grensdrade en kleinskaalse boere
Bykomende dokumente tot die begroting dui aan dat geld beskikbaar gemaak is vir grensdrade en om kleinskaalse boere te ondersteun. Agri SA wil dié en ander toegewings verder ondersoek.
 
“Ons verwelkom veral die fokus op die toepassing van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP). Dit kom voor asof die Regering in die algemeen ooreengekom het om die plan as ekonomiese raamwerk te aanvaar. Dit sal vir seker ’n mate van sekerheid binne die sakesektor bring aangaande die toekomstige ekonomiese omgewing, wat beleggingsvertroue sal ondersteun,” sê mnr. Johannes Möller, voorsitter.
 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-2.0%
Rand - Pond
19.39
+0.3%
Rand - Euro
17.36
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.1%
Goud
1,643.40
-0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot