AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Landbou het wins nodig om meer werk te kan skep

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Vida Booysen
Foto: Vida Booysen
Die landbou kan slegs meer werkgeleenthede skep as die sektor groei, en groei verg winsgewendheid.

Mnr. Cobus van Zyl, ondervoorsitter van Agri Noordwes, het hy in ’n paneelbespreking op Agri SA se jaarkongres gesê die werklikheid moet erken word.

“Indiensneming is ’n neweproduk van groei. Ons móét met die regering oor wins praat. As boere is dit ons plig. ’n Bankrot boer het geen indiensnemingsvermoë nie,” het hy gesê na aanleiding van ’n vorige spreker wat gesê het kommersiële boere se toespitsing op wins veroorsaak dat die regering nie met hulle wil praat nie.

Van Zyl het gesê die regering neig om te dink ’n boerdery is ’n pot goud aan die einde van die reënboog. Syfers toon van die 40 000 boerdery-ondernemings wat by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens geregistreer is, is sowat twee derdes se jaarlikse omset minder as R1 miljoen. Sowat 22% se omset is tussen R1 miljoen en R10 miljoen en slegs 8% het ’n omset van meer as R10 miljoen per jaar.

Vyf van die elf subsektore van die landbou is in laemarge-omgewings en net drie in hoëmarge-omgewings. Boere moet voorts internasionaal meeding.

“Die vraag is, binne dié omgewing, hoe kan ons meer mense in diens neem?” het Van Zyl gesê as deel van ’n bespreking oor hoe plaaslike groei deur indiensneming en die oordrag van vaardighede kan geskied. 

Van sakke tot tonne

Dr. Pieter Taljaard, uitvoerende hoof van Graan SA, het gesê winsgewendheid sorg juis vir volhoubaarheid in Graan SA se ontwikkelingsprogram. Die program gaan ook oor huishoudelike voedselsekerheid, werkskepping en die landelike ekonomie.

Opkomende boere wat potensiaal toon, word deel van ’n program met die

doel om hulle tot kommersiële boere te ontwikkel.

Van die boere wat aanvanklik ’n paar sakke mielies geproduseer het, produseer nou 250 ton tot selfs meer as 3 000 ton en daar is selfs al opbrengs van 11 t/ha behaal.

Die boere in die program se vaardighede en kennis word ontwikkel deur onder meer opleiding, studiegroepe, boeredae en mentorskappe. Die opleiding is baie prakties en intensief. ’n Groot deel is graanspesifieke opleiding, maar dele daarvan kan ook op ander kommoditeite toegepas word.

Mnr. Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA wat die bespreking gelei het, het gesê sulke suksesstories word ook deur ander kommoditeitsorganisasies behaal.

“Die landbou neem regtig die leiding ten opsigte van die ontwikkeling van mense en veral belegging in die jeug om seker te maak hulle het die nodige vaardighede.” 

Kennis-ekonomie

Van Zyl het gesê volgens die 2017-sensus het die heeltydse indiensneming van bestuurders, toesighouers en administratiewe personeel in die landbou baie meer gestyg as dié van gewone werkers.

Tegnologie word ál meer gebruik, want daar is ál minder boere wat ál meer produseer en boerdery-eenhede word groter. “Daarom het ons meer bestuurders nodig.”

Die skep van ’n kennis-ekonomie is juis een van die doelwitte van Agri Enterprises, ’n filiaal van Agri SA, wat hom ook toespits op die bevordering van landbou-ekonomiese groei. Volgens mnr. Omri van Zyl, uitvoerende hoof van Agri Enterprises, het suksesvolle lande kennis-ekonomieë.

Met Suid-Afrika se armoedevlak, sy sowat 2,5 miljoen opkomende boere en talle ander probleme is dit volgens hom moreel noodsaaklik om ’n kennis-ekonomie in landelike gebiede te skep. 

Relevante opleiding

Die vraag is of landbou-opleiding aan tersiêre instellings relevant is en dit is hoekom AgriSeta volgens sy uitvoerende hoof, dr. Innocent Sirovha, beoog om binnekort landbousakeleiers te nader om insette tot die kurrikula te lewer.

Sirovha het gesê AgriSeta wil landboukolleges verbind met kommersiële boere en is verder gereed om studente vir praktiese ondervinding by boere uit te plaas. Die organisasie kan die studente sowat 18 maande ’n toelae betaal.

“Leer hulle asseblief praktiese vaardighede.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
+0.5%
Rand - Pond
21.27
+0.3%
Rand - Euro
18.31
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.69
+0.8%
Rand - Jen
0.13
+1.3%
Goud
1,767.24
-1.7%
Silwer
22.22
-4.1%
Palladium
1,874.00
-1.4%
Platinum
999.50
-2.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,543
+0.5%
Alle aandele
74,693
+0.5%
Hulpbronne 10
74,781
+1.0%
Industriële 25
91,501
-0.1%
Finansiële 15
15,595
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kok will Jou lewe bietjie geur gee
Ek is oop, spontaan, gemaklik, avontuurlustig en altyd n bok vir sports. Ek geniet die lewe en altyd n glimlag. Ek GLO die lewe kort altyd daai sprankel van n goeie humor sin.
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot