AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9774
0,00
CORN
30 Mrt
-
4642
0,00
SOYA
30 Mrt
-
8220
0,00
SUNS
30 Mrt
-
8850
31,00
WEAT
30 Mrt
-
6630
0,00
WMAZ
30 Mrt
-
3850
-1,00
YMAZ
30 Mrt
-
4027
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

'Landbou in SA bly die Aspoestertjie'

Is Suid-Afrika die Aspoestertjie by die Brics-onthaal en waar gaan die prins vandaan kom?

Indien 'n mens die verklaring van die streekverteenwoordiger vir Asië en die Stille Oseaan-gebiede van die FAO ná afloop van die sewende vergadering van die ministers van landbou van die Brics-lande op 16 Junie in Nanjing, China, saamlees met die jongste ekonomiese vooruitskatting van die OECD, dan dink 'n mens onwillekeurig aan die sprokie van Aspoestertjie.

Die FAO maak groot gewag van die rol wat die vyf Brics-lande kan speel in die globale heropbou van die ekonomie vanweë die omvang van dié vyf lande se bydraes tot die wêreld.

Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika huisves gesamentlik meer as 40% van die wêreld se bevolking en is vir meer as 20% van globale GBP verantwoordelik. Meer as een derde van die wêreld se graan word deur dié vyf geproduseer en Rusland het in 2015 die wêreld se grootste koring-uitvoerder geword. Daar kan dus verwag word dat die Brics-lande ‘n betekenisvolle en leidende rol kan speel om honger en armoede te verlig soos vervat in die Millennium Doelwitte vir 2030.

Verwagte voordele

Die jongste vooruitskatting van die OECD dui op matige positiewe van beduidend ongelyke globale ekonomiese groei, maar dat die verwagte voordele nie genoeg mense outomaties kan bevoordeel nie.

Wat verblydend is, is die betekenisvolle sterk groei wat in van die Brics-lande verwag word – van meer as 7% in Indië en China se net meer as 6,5% (al sal die groei koers na verwagting verder maar gering daal).

Vir Brasilië verwag die OECD ‘n positiewe groeikoers van 1,6% vanjaar, terwyl Suid-Afrika die bus verpas met afwaarts aangepaste groeiverwagtinge. Die vraag na uitvoere uit die Brics-lande kan kop optel met die Euro-ekonomie wat meer as 2% kan groei, terwyl Amerika ook kan uitsien na die voordele van positiewe ekonomiese groei.

Ander drywers

Wat egter van fundamentele belang is, is dat verwagte groei ander drywers gaan hê, met duidelike waarskuwings aan regerings om nie self voldaan agter oor te sit nie.

Ekonomiese groei sal hoofsaaklik tegnologies gedrewe wees met kwalitatiewe verbetering in die gehalte van die kapitaal wat aangewend gaan word. Dit sal die nodige produktiwiteit 'n hupstoot en gevolglike uitset-spronge gee, wat nou so nodig is. Waardekettings gaan verdiepende integrasie ervaar, met selfs verlies aan werkgeleenthede, maar verbeterde opbrengste op die nuwe kapitaal wat belê moet word.  In ontwikkelende lande kwel die onvermoë om te kan bestee en hoe dié verwagte surplus wit mielie oes in Suid-Afrika dus weg geëet kan word.

Die FAO maak gewag van die goeie status van landbou-navorsing in die Brics-lande, maar in April 2017 se ASTI-verslag deur Nienke Beintema en Gert-Jan Stads: “A Comprehensive Overview of Investments and Human Resource Capacity in African Agricultural Research” is die ontoereikende besteding op navorsing opvallend.

10% van begrotings vir landbou

Dit is ten spyte van die ondernemings van lande suid van die Sahara om jaarliks 10% van hul landboubegrotings op navorsing te bestee om 6% sektorale groei te bewerkstellig.

Suid-Afrika is ‘n navorsing-arm land en bepaald nie in dieselfde liga as die ander Brics-vennote nie. Indien Suid-Afrika gemeet sou word aan die maatstawwe vervat in die “The political economy of underinvestment in agricultural research“ van Beintema en Stads, slaag ons die toets met onderskeiding.

Nie alleen taan navorsingbesteding in landbou deur die staat se algemene besteding nie, maar dit is betekenisvol minder as die toename in landbou se GBP – die landbounavorsing intensiteit verhouding daal konstant – dit is rondom 1%.

Produktiewe eenhede vir herverdeling

Terug by die sprokie en die prins se soeke na die eienares van die skoen as die immer gelukkige einde, maar met minder mooi toepasbaarheid: Indien die oorwig van staatsbesteding bly fokus op veranderde grondgebruik, soos versnelde grondhervorming waar produktiewe eenhede vir herverdeling onttrek word, die blote in-bedryf-stel van onbenutte plase in staatsbesit, en vele ander inisiatiewe, sal verbeterde tegniese doeltreffendheid as die belangrikste dryfveer vir groei in landbouproduksie en markontwikkeling as die prins, bloot verbyry en Aspoestertjie sal bly vloere skrop.

* Dr. Kobus Laubscher is 'n landbou-ekonoom.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.0%
Rand - Pond
22.33
-0.1%
Rand - Euro
19.62
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.14
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.4%
Platinum
971.29
+1.2%
Palladium
1,451.69
+0.2%
Goud
1,969.62
+0.3%
Silwer
23.62
+1.2%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,346
+0.7%
Alle aandele
76,940
+0.6%
Hulpbronne 10
67,386
+1.1%
Industriële 25
103,976
+0.6%
Finansiële 15
15,642
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Mens lewe net eens.....kom ons maak dit tel
Sal die beste tyd van jou lewe wees. Eks n baie fun en outgoing persoon. Hou van challenges en sit nooit stil nie
Wees net jou selfEks
Eks n mense men's hou van gesels lag. Wil dinge deel wat saak maak vir Ander omgee. Ek wil nie net elke keer verander om in te pas nie aanvaar my soos ek is.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot