AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Landbou kan help met kragkrisis

Antwoorde vir die kragkrisis in SA lê in sonkrag en die landbou, meen mnr. Danie Coetzee, ’n boer van Upington en kenner van alternatiewe energie.

As besluitnemers egter aanhou om hulp uit die boerdery­gemeenskap aangebied word, te ignoreer, kan die gevolge in die toekoms veel erger raak. Hy sê pryse van sonpanele het die laaste jare dramaties gedaal. Al meer ondernemings en boere besef vandag die voordele van sonkrag en installeer groot stelsels om hul kragrekenings af te bring.

Met die huidige rentekoerse en sonpaneel­ en elektrisiteitspryse kan ’n sonkragstelsel homself binne drie tot vyf jaar terugbetaal. “Die kanse is goed dat paneelpryse verder gaan daal, terwyl die kanse 100% is dat elektrisiteitspryse verder gaan styg.

“Ons sit tans met ernstige elektrisiteitstekorte, en besluitnemers moet besluit oor watter tipe tegnologie die beste en mees ekonomiese gaan wees. Kernkrag en steelkool is die logiese mededingers, en hoewel beproefde tegnologie, is dit duur en neem lank om op te rig. Om ’n nuwe steenkool­kragstasie te bou, kos byvoorbeeld meer as R30/watt, en R70/watt vir kern­kragstasie.”

Daarenteen het die prys van sonpanele gedaal tot minder as R10/watt. “Ons voorland is dus duur krag, beurtkrag of selfs geen krag nie. Of ons kan ons eie sonkrag opwek.”

Coetzee sê moderne tegnologie maak dit moontlik om krag vanaf sonpanele op te wek en dit met die elektrisiteitsnetwerk te sinkroniseer. Die toerusting word aan die netwerk gekoppel en funksioneer só dat krag eers van die sonpanele af gebruik word, en dan net aangevul word met krag vanaf die netwerk. As ’n oormaat krag opgewek word, word die ekstra krag in die network ingepomp.

As kragverspreiders sulke krag vanaf boere sou aankoop teen ’n minimale bedraggie van 70 sent/watt, sal boere vining met hul eie kapitaal stelsels installeer. “Wat dit bykans onnodig sal maak om nóg ’n klomp duur nuwe kragstasies te bou,” meen Danie.

“Die landbou word tans swaar getref deur beurtkrag – veral nou tydens somervrugte­ en groente­oestyd, asook vir gewasse waarvoor die koueketting belangrik is. Dit is belangrik dat plante nie aan vogstermming blootgestel word nie, en die meeste pompstelsels is ontwerp om 24 uur per dag te pomp. “Met krag wat vir tot sewe uur per dag af kan wees, kan dit besproeiingskedules dramaties negatief beïnvloed.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Waarna soek jy
Hoekom is mense hier en kan aanlyn vir jou die antwoord wees Kom ons kyk, en nou kan mense in die boere taal gesels
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot