AFGRI
BEAN
05 Aug
-
8677
0,00
CORN
05 Aug
-
3901
0,00
SOYA
05 Aug
-
8454
0,00
SUNS
05 Aug
-
10200
0,00
WEAT
05 Aug
-
7165
0,00
WMAZ
05 Aug
-
4161
0,00
YMAZ
05 Aug
-
4156
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
22 Jul
-
60,34
-0,04
Beeste AB2/3
22 Jul
-
58,9
0,42
Beeste B2/3
22 Jul
-
54,88
-0,08
Beeste C2/3
22 Jul
-
48,68
0,98
Bevrore Hoender
22 Jul
-
30,92
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Jul
-
72,51
-1,05
Bokooie
22 Jul
-
52,73
0,05
Groot (meer as 40 kg)
22 Jul
-
46,34
2,60
Hoender (IQF)
22 Jul
-
30,15
0,16
Medium (30-40kg)
22 Jul
-
58,4
-0,20
Pork Average
22 Jul
-
26,95
1,11
Poultry Average
22 Jul
-
30,9
0,06
Skaap A2/3
22 Jul
-
105,25
1,56
Skaap AB2/3
22 Jul
-
89,62
1,89
Skaap B2/3
22 Jul
-
80,93
0,31
Skaap C2/3
22 Jul
-
77,03
-0,90
Speenkalf
22 Jul
-
36,35
-0,66
Spekvarke
22 Jul
-
27,99
0,53
Stoorlammers
22 Jul
-
48,94
0,88
Varkwors
22 Jul
-
21,98
0,35
Vars Hoender
22 Jul
-
31,63
0,00
Vleisvarke
22 Jul
-
26,87
1,19

Landbou kan R1 miljard meer vir diesel betaal

akkreditasie
Foto: Wikimedia Commons
Foto: Wikimedia Commons
Nadat brandstofpryse in April aansienlik gestyg het, verwag die Sentrale Energiefonds dat petrol- en dieselpryse in Mei verder gaan styg.

Volgens die fonds se berekeninge was die onderverhaling in die prys van petrol op 17 April 41c per liter, terwyl dit 48c vir ’n liter diesel was. As dié neiging die res van die maand voortduur, kan dit beteken dat die prys van petrol en diesel in Mei met meer as 40c per liter kan styg. Dit sal volg op ’n prysstyging van 72c per liter petrol en 65,2c per liter diesel in April.

Dit is dus moontlik dat die prys van diesel binne twee maande met R1 per liter kan styg.

Die algemene reël met brandstofprysstygings vir landbou-insetkoste is dat elke 1c waarmee die prys van diesel styg ’n verhoging van R10 miljoen per jaar aan brandstofkoste in die landbou tot gevolg het.

“ ’n Styging van R1 per liter oor twee maande sal dus ’n styging van R1 miljard per jaar in die landbou se regstreekse insetkoste tot gevolg hê,” sê mnr. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking by FNB.

Frustrasie 

Die feit dat ’n groot deel van die hoë styging in April se brandstofpryse met verhoogde belasting verband hou, verhoog die bedryf se frustrasievlakke. “Geld wat met belasting ingesamel word, moet onder meer vir die instandhouding van paaie gebruik word. Die teendeel is egter waar. In baie gevalle betaal boere nie net meer belasting vir swakker paaie nie, maar hulle moet ook meer betaal om bande te vervang of om instandhouding te doen aan voertuie wat weens slegte paaie beskadig word.” 

Maree sê verhogings in brandstofkoste lei ook tot hoër koste vir boere wat kontrakteurs gebruik om vragte of produkte van en na plase te vervoer. “Dié verhoogde koste het uiteindelik ook ’n impak op voerkoste.”

Dit duur ongeveer drie tot vier maande tot hoër brandstofkoste die totale waardeketting bereik. Dit sal dan ’n regstreekse uitwerking hê op die verbruiker se vermoë om kos te kan koop, asook op die inflasiekoers.

“My raad aan boere is om dieselaankope betyds te doen om die uitwerking van dieselprysstygings vry te spring, veral met die eerste oeste wat reeds in Mei in die ooste van Suid-Afrika gestroop word,” sê Maree.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.78
-1.0%
Rand - Pond
20.25
-0.0%
Rand - Euro
17.08
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,775.15
0.0%
Silwer
19.89
0.0%
Palladium
2,130.50
0.0%
Platinum
937.50
0.0%
Brent-ruolie
94.92
+0.8%
Top-40
63,114
+1.3%
Alle aandele
69,519
+1.2%
Hulpbronne 10
64,042
+2.5%
Industriële 25
84,928
+0.3%
Finansiële 15
15,675
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Gee lewe bietjie spice.
Ek hou van avontuur is buite mense en soek lekker geselskap. Hou van water sport en fiets ry. Soek rustigheid en soek net persoon wat goed saam kan doen Ek nie gemaak om alleen...
êrens is jy..: Antjie Krog
Ek is opreg. Liefdevol. Getrou. Maklik. Prettig. Lief vir die lewe. Musiek. Die natuur. Wil lag. Weer lewe saam my spesiale mens. Ek is lief vir diere. Ek dink soms meer as vir...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot