AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Landbou kan SA help bou – Roelf Meyer

Nuwe planne en energie is nodig om te besin hoe die landbou 'n rol kan speel in onder meer die groei van die ekonomie.

Só het mnr. Roelf Meyer, voorsitter van die organisasie In Transformation Initiative, met die bekendstelling van vanjaar se Nasie in Gesprek-besprekingsreeks by die Nampo-Oesdag gesê.

Volgens hom is nuwe planne en energie nodig om te besin hoe die landbou 'n rol kan speel in onder meer die groei van die ekonomie, die bou van 'n nasie, die skep van welvaart, en die verkleining van die gaping tussen ryk en arm.

“Dit voel vir my of ons op 'n rykdom van hulpbronne sit,” het hy gesê.

'Futiele debat'

Hy het die uitdaging aan die landbou gestel om te dink hoe die huidige “futiele debat” oor grond in 'n konstruktiewe gesprek verander kan word. Volgens Meyer kan die landbousektor ook bydra daartoe om die huidige nadelige invloed van kwessies rondom rassisme te verander om gunstig te wees.

“Ons moet onsself daaraan herinner dat die land steeds in 'n proses van transformasie is.“Ons moet onsself afvra hoe ons tot suksesvolle transformasie kan bydra.

“Dit is nodig dat landbouleiers moet opstaan en rassisme moet veroordeel. Daar is geen verskoning of regverdiging vir rassisme nie.”

Meyer reis baie vir sy werk by In Transformation Initiative en sê dit is wel so dat rassisme in baie ander lande ook voorkom, en dat dit nie noodwendig oor velkleur gaan nie, maar ook oor groepe en etnisiteit.

Goeie verhoudinge

Hy het verder gesê in die landbou kan daar van grondvlak af 'n verskil gemaak word aan goeie verhoudinge tussen mense.

Boereverenigings kan 'n rol speel soortgelyk aan dié wat vredeskomitees in die middel jare negentig in Suid-Afrika gespeel het.

Volgens Meyer het navorsing oor 75 jaar deur die Universiteit van Harvard in Amerika getoon die een ding wat mense gelukkig maak, is goeie verhoudinge met ander.

Nasie in Gesprek

Die besprekingsreeks Nasie in Gesprek was in 2013 en 2014 net in Afrikaans. In 2015 is besluit om 'n breër gehoor te bereik met as doelwit om by meer mense 'n begrip van die rol van die landbou te kweek.

Besprekings is sedertdien in sowel Afrikaans as Engels aangebied. Mnr. Theo Vorster, uitvoerende hoof van Galileo Capital en gereelde aanbieder van die besprekings, het met vanjaar se bekendstelling gesê die landbousektor “kan nie net met homself praat nie, want dan is dit 'n dampkring”.

Nasie in Gesprek en sy Engelse eweknie Nation in Conversation het al verskeie TV-reekse opgelewer wat op kykNET, Business Day TV en Sowetan TV uitgesaai is.

Mnr. Francois Strydom, groep uitvoerende hoof van Senwes, wat vanuit die staanspoor een van die hoofborge was, het gesê verbruikers se denke oor landbou word deur maatskaplike en politieke kwessies bepaal en daarom is dit nodig om hulle op te voed. Landbou moet bevorder word en steun moet vir die sektor gewerf word.

Strydom het gesê saam met die nadelige invloed van die droogte het terselfdertyd ook die goeie gevolg dat verbruikers meer besef hoe belangrik landbou is.

Nasie in Gesprek begin vandag, Dinsdag, 17 Mei, met drie sessies vandag, môre en Donderdag, en een sessie Vrydag.

Die aanbieders is Vorster, mnr. Mpumelelo Mkhabela, voormalige redakteur van Sowetan, prof. Johann Kirsten, nuwe direkteur van die Buro vir Ekonomiese Navorsing aan die Universiteit van Stellenbosch, dr. Mmatlou Kalaba, handelsekonoom by die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid, en die omroeper Jeremy Maggs.

Vir meer inligting, gaan na die webblad www.nationinconversation.co.za of volg die gesprekke op Twitter by @Nationconverse of op Facebook by NationInConversation.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.62
+1.2%
Rand - Pond
20.19
+0.1%
Rand - Euro
17.60
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.45
+1.5%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,725.24
+1.5%
Silwer
21.06
+1.7%
Palladium
2,323.00
+4.4%
Platinum
934.00
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir die lewe saam met sielsgenoot
Christen, Eerlik, opreg, liefdevol, omgee, rolbal ,stap, reis, baie goeie humorsin, intelligent, sing en fluit graag , koorsanger en solo, uiteet, dans. Grapjas
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot