AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Landbou kort nuwe talent, sê Karaan

Meer geleenthede vir almal, probleme met toegang tot markte, kommunale grond en finansiering is brandpunte in die landbou.

’n Onvermoë van die landboubedryf om talentvolle studente op te raap, bekommer prof. Mohammad Karaan. Hy verduidelik dat ’n stelsel net volhoubaar kan wees as dit toegang het tot die beste talent.

Die landbou het nuwe talent nodig om te oorleef. Mense wat op plase gebore is en weet hoe om te boer, het prof. Mohammad Karaan, hoof van die fakulteit agri-wetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch by ’n Rovic Leers-opleidingsdag op Stellenbosch gesê.

“Om dit as ’n boer in Suid-Afrika te maak het jy nie net kennis nodig nie, maar eerstehandse produksie-ervaring,” sê hy. “Suid-Afrika het van die moeilikste produksie-omstandighede ter wêreld, wat beteken dat ons boere op amper enige plek kan boer. Hulle is ook ’n baie geharde klomp. Diegene nou wat ophou boer, is werklik mense wat nie verder kan aangaan nie.”

Baie van sy studente wil boer en sal uitstekende boere maak, maar hulle kan nie bekostig om plase te koop nie. “Dis ’n reuse-probleem, omdat ’n stelsel toegang tot die beste talent nodig het om te oorleef.”

Die verdwyning van familie-plase sluit ook hierby aan. Plase word al hoe groter as gevolg skaalekonomie, maar waardevolle kennis en ervaring gaan in die proses verlore. “Ons moet ’n manier kry om dit aan te spreek, sodat die kennis in die bedryf behoue kan bly,” sê Karaan.

Grondhervorming
Grondhervorming moet werk, anders is dit ook klaar met die landboubedryf, meen Karaan. Hy sê dat dit nie net die Regering se werk is om grondhervorming te laat werk nie – almal moet inspring. Een van die groot leemtes in die bedryf is volgens hom ’n gevoel van welwillendheid en ’n toekomsvisie wat almal na nuwe hoogtes neem. Hiersonder gaan die bedryf aanhou rondval van een krisis na ’n ander, en dit is presies wat gebeur het tydens die plaaswerkerstaking in die Wes-Kaap; dit gaan weer gebeur as daar nie ’n goeie strategiese plan opgestel word nie.

Karaan het ook daarop gewys dat die apartheidsentiment besig is om in die land te verdwyn. Die Regering besef ook nou dat swart boere nie voedselsekerheid in Suid-Afrika gaan bewerkstellig nie. Kommersiële boere – ongeag hul kleur en die verlede – is dus besig om van al groter strategiese belang vir die land te word.

Wat kan gedoen word?
Die oplossing is om nie die koek groter te maak met meer geleenthede vir almal. Dus moet die Regering ’n gunstige omgewing vir die landbou skep. “Die Regering sit met groot begrotings en werkers wat nie oor die nodige vaardighede beskik om goed te laat werk nie. Dit resultaat is dat ons met allerlei probleme sit. Marktoegangsprobleme, soos wat gebeur het met swartvlek op sitrus, voëlgriep by volstruise en perdesiekte by resiesperde, is een voorbeeld.”

Probleme met swak onderrig moet ook aangespreek word en nuwe werkgeleenthede moet vir ’n doeltreffende ekonomie geskep word. Karaan beklemtoon ook dat die Regering nie moet inmeng in die vrye mark nie: “Sommige rolspelers het gevoel daar moet ingegryp moet word by stygende mieliepryse. Die neiging van ’n mark is om homself altyd uit te sorteer – ons markintelligensie moet ons in die proses help.”

Verder moet iets ook gedoen word oor kommunale grond. “Toegang tot grond en water word al hoe meer beperk, ons kan nie bekostig om goeie grond te laat braak lê nie. Ons moet toesien dat mense wat boer, so produktief as moontlik is as ons voedselsekerheid in Suid-Afrika wil bewerkstellig.” 

Hy het ook gevoel dat nuwe finansieringsmodelle nodig is om toegang tot plase te verbeter. In Duitsland, byvoorbeeld, kan boere nou plaasverbande oor 40 in plaas van 30 jaar terugbetaal. Die boer het dus ’n beter kans om ’n plaas te koop en af te betaal. Swart ekonomiese bemagtiging moet ook nie as bedreiging gesien word nie, maar eerder as ’n manier om produktiwiteit te bevorder.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
20.13
-0.2%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,694.80
-1.1%
Silwer
20.13
-2.6%
Palladium
2,192.88
-3.1%
Platinum
916.50
-1.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot