AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Landbou moet met JZ praat, sê Salam

Bontpratery is die norm in die ANC, dus moet die landbou met pres. Jacob Zuma onderhandel, sê mnr. Salam Abram.

Die landbou moet sy kwessies op die hoogste vlak onderhandel, verkieslik op presidensiële vlak.

Só was dit toe mnre. Nelson Mandela en Thabo Mbeki president was, maar sedert 2009 vind sulke gesprekke nie meer plaas nie, sê mnr. Salam Abram, voormalige lid van die parlementêre portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye wat uit die ANC bedank het.

Abram het by die TLU SA se jaarkongres in Pretoria na 'n toespraak deur Mandela verwys waarin hy gesê het hoe belangrik die landbousektor is. Mandela het toe ook gesê regstellende maatreëls om grond te hervorm, is onontbeerlik, maar dit is net so belangrik om nie produksie te ontwrig of nuwe ongeregtighede te skep nie.

Abram sê deesdae maak mense laer af in die Regering, soos ministers, uiteenlopende uitsprake. Só het mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, met die 50%-plan gekom waarna senior ANC-lede gesê het dit is nie partybeleid nie.

“Bontpratery is die norm in die ANC.” Volgens hom is die beraad waar op plafonne besluit is, gemanipuleer om die minister se doelwitte na te streef. “Ons het met sulke mense te make, hulle is nie baie eerlik nie.”

Die “dubbelpratery” laat belanghebbendes hul respek vir die Regering verloor. “Die indruk bestaan dat die Regering nie in goeder trou optree nie.”

Verder skep voorstelle, soos die 50%-plan en grondplafonne, onhaalbare verwagtinge by mense.

Abram het gesê wanneer die Regering onderhandel, wil hy dit met voorvereistes doen en self die agenda stel.

“Die Regering verstaan nie die kuns van onderhandeling in die ingewikkelde Suid-Afrikaanse verband nie. Die Regering neem aan dat hy noodwendig die instelling is met wie almal wil onderhandel. Hy wil geen politieke beloning vir onderhandelinge bied nie. Hy wil die onderhandelinge wen.”

Op 'n vraag uit die gehoor of onderhandeling met die Regering die moeite werd is, het Abram gesê as 'n mens ‘n klimaat kan skep waar jy as gelyke kan onderhandel, kan jy baie vermag.

Hy het kongresgangers verder aangemoedig om vennootskappe te vorm met mense wat graag die landbousektor wil betree en het gesê in die breë gemeenskap sal boere meer steun vind as by die Regering.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.28
+1.4%
Rand - Pond
22.43
+1.0%
Rand - Euro
19.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.22
+1.2%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
981.98
+1.0%
Palladium
1,444.54
+2.7%
Goud
1,967.98
+1.4%
Silwer
22.93
+2.4%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot